Die kuierstoep > Helpmekaar

Covid

(1/3) > >>

Naas:
Mense, by Elmarie se werk gaan dit nie goed nie.
Sy het Covid gekry in eerste piek. Tweede piek was stil in ouetehuis.
Nou op die gatkant van die derde vlaag het Covid die mense wat geweier het om te ent en isoleer aangevat. Vanaf Woensdag het hulle reeds vier inwoners aan die dood afgestaan. Groot gedeelte van personeel is siek.
Sy kry nerens suurstof vir die siekes met asemnood nie en hospitale kan nie die siekes opneem nie.
Dis toetale chaos. Ek het my vrou nog nooit so moeg en moedeloos gesien nie.

 :icon_bigsmurf:

PM:
Ek is so jammer om dit te hoor.  Sy is so dedicated en ek weet hoeveel haar werk en die mense na wie sy omsien vir haar beteken,  Dit is so jammer.  Gee vir haar 'n drukkie van my. 
Ons het al altwee ons prikkies gekry en behalwe vir 'n seer arm vir twee of drie dae, het ons geen negatiewe simptome ervaar nie. 

Naas:
Dankie. Sal vir haar se.
Ek en sy is ook darem altwee volledig geprik. Voel kompleet soos 'n stuk kafferwaatlemoenkonfeit.

 :icon_bigsmurf:

PM:
Goeiste, dit is net jy wat prikkies met kafferwaatlemoenkonfyt kan vergelyk!   :sign10:   Ag Naas, ek lag die buurt wakker! 

Meraai vannie Baai:
Ek kon nie help om wyd te glimlag vir die prik se vergelyking tussen die wegvee van 'n traan oor die situasie wat Elmarie haarself in bevind. Ons het gehuiwer oor die prikkery tot ons terug is in die cowboybeskawing. Was bekommerd oor die minimale gevaar van klonting, veral omdat ons met lang tye in die Outbacks sou wees waar jy soms vir 300km geen brandstof kan kry nie en die afstand meet in sinkplaathobbels. Het darem nou die eerste prik gehad. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version