Ons Publiseer Saam > Boek 2 - bespreking deur almal

Wat dink jy van Volmaan Vonkelwyn en Vers

(1/4) > >>

PM:
Die meeste ouens het nou al hul boeke ontvang en per privaat-e-pos laat weet wat hulle dink. 
Kan julle ook hier kom spog met ons boek? 
Waar het julle foute opgespoor en wat is daar waarvan jy nie hou nie. 

Fransi:
Dit is lieflik, kosbaar en ek wil net weer baie dankie sĂȘ, PM.

Angelica:
Trots Afrikaanse Forum,  hierdie boek van ons.
Van super standaard.  Ek troetel omtrent my boeke en dit le heeldag hier by my onder my neus en boude. 
Ek moet dit behoorlik rondskuif vir 'n sitplek vir myself. Moet dit net heeldag sien.
Vir myself is RW&V en VV&V 'n persoonlike mylpaal.  Iets wat ek self bereik het (met die hulp van baie ander en natuurlik PM en Hannes  :icon_scratch:).
Dis lieflik.  Wie dit al gesien het, is baie impressed.
My baas het 'n eksemplaar (!) huistoe geneem en sy vrou is besig om dit te lees.  Wanneer sy klaar is, kom dit spreekkamer toe en dit sal daar bly.
Wie weet, dalk kom 'n groot skrywer / uitgewer daar en sien dit en miskien raak ons super bekend en nog eendag celebs... (Stadig Ella, jy droom nou.   :angel4:)
Boek 2 is absoluut pragtig.  Maar Boek 1 is vir my kosbaar, omdat ek dieper emosies beleef het daarmee. Dit was, after all, die heel eerste keer dat ek ge-publish word...  :hello2:

Louis:
Pragtig!! baie mooi boek.....dankie PM

Gawelina:
Jaco het nog nie sy boek gekry nie. Ek sal kom verslag doen sodra ek iets hoor.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version