Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => JeannedArc se plek => Topic started by: Jeannedarc on June 14, 2015, 09:08:18 AM

Title: Vlug van die blou voel
Post by: Jeannedarc on June 14, 2015, 09:08:18 AM
geluidloos, vlerk gesprei,
op die wieke van lugstrome,
wat kom van vêr,
en wat gaan na wie weet waar.

jou kurwes is skakerings van blou,
as ek gelukkig is, sien ek jou,
daar waar jy, in eensame vlug
in die lugruim hang.

tyd is ewigdurend, onbeperk
in jou soeke na net jy weet wat ...
na jou lewensmaat,
of dalkies wagtend op daardie skarrelende prooi

Jeanne D'Arc
Title: Re: Vlug van die blou voel
Post by: PM on June 16, 2015, 11:56:24 AM
'n Gevoel van rustigheid deurweef jou skrywe. Baie mooi.