Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Naas on October 17, 2021, 11:39:06 AM

Title: Galstene
Post by: Naas on October 17, 2021, 11:39:06 AM
Ek het nou weer die afgelope paar dae 'n nuwe skeet. Pyn agter/onder my regterblad.
Beterhelfte dink dis galstene. By tye kan en behoorlik nie asem kry of my regterarm lig nie.
Om alles te kroon besef ek ek moet by die kwak uitkom maar aai, ek is so bang ek raak dalk in die oggend wakker sonder pyne en weet nie of ek dalk in my slaap dood is nie.
Ook bang ek land in die vleisfabriek waar moderne verpleegsters my gaan ignoreer.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Galstene
Post by: Trapsoetjie on October 17, 2021, 12:44:11 PM
Ag nee dit is 'n eina eina..

My beterhelfde sê, "Kwak toe met jou" met of sonder pyn, moenie wag nie.

 :angel12:
Title: Re: Galstene
Post by: Naas on October 17, 2021, 01:12:43 PM
Eerste ding more oggend.
Flippen ouderdom...

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Galstene
Post by: Trapsoetjie on October 17, 2021, 07:49:14 PM
Praat jy!

Ek het vanoggend my ma gehelp en vanaand kan ek niks optel of opstaan van 'n sit posisie nie.  :crybaby2:

Sterkte vir more. Laat ons weet.

 :angel12:
Title: Re: Galstene
Post by: Naas on October 17, 2021, 08:19:53 PM
Dis net ongelooflik hoe mens se liggaam so gou agteruitgaan ten spyte van wat jy nnog probeer doen.
Jou brein dink jy is nog Takuza maar jou liggaam skop vas en se nee, jy is nou Tak@&.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Galstene
Post by: Trapsoetjie on October 17, 2021, 10:26:44 PM
Lekker lag ekke  :evil6:

Ja wat, sterkte vir more, laat weet asb wat gebeur. Ek gaan nou maar inkruip. Praat more weer.  :wav:

 :angel12:
Title: Re: Galstene
Post by: Meraai vannie Baai on October 17, 2021, 10:51:00 PM
Oi joi joi! Sterkte Naas. Hou ons op hoogte groot assebliefie hoor.
Title: Re: Galstene
Post by: Antjie Patat on October 18, 2021, 02:24:48 PM
Sterkte Naas, maar beter om eerder kwak toe te gaan.
Niemand kan jou ignoreer nie, jy is te special!
Title: Re: Galstene
Post by: Naas on October 18, 2021, 02:34:48 PM
Wag nou vir x-trale en toetsuitslae. Vinnige diagnose is inflimasie en spasmas agv my rugwerwels wat nie behoorlik werwel nie. Gelukkig nog niks van galstene nie.
Ek moet vir julle se daai inasem en staan vir plate was tandetrek seer. Ek moet vlak asem haal anders steek onsigbare skollies warm dolke agter my regterblad in.
Wat dokter ook al se... Hier is groot fout. Dis net te seer.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Galstene
Post by: Assie on October 18, 2021, 03:43:07 PM
Toemaar Oom Naas, jy sal wel die skete onder die blad kry.

 :mumum:
Title: Re: Galstene
Post by: Trapsoetjie on October 18, 2021, 04:24:42 PM
Ai Naas, so jammer. Hoop Dokkie kry gou die probleem en hulle gee jou goeie pille vir die pyn.

Ons is mos  nou op die pille en brille tyd.  :icon_study:

 :angel12:
Title: Re: Galstene
Post by: Naas on October 18, 2021, 04:50:06 PM
Dankie Trappies. Nou met PM en Hannes gepraat. Hannes praat van setpille vir die pyn maar ek kan nie setpille gebruik nie. Het 'n padkaart nodig om my aambeie te sidestep.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Galstene
Post by: Assie on October 18, 2021, 06:57:54 PM
OOM NAAS!!!
Die moderne manier is om 'n gps te gebruik. Kaarte is uit die oude doos.

 :mumum:
Title: Re: Galstene
Post by: Meraai vannie Baai on October 18, 2021, 11:18:49 PM
Op die forum het ons, ons eie doepa en steek selfs die draak met skeet en kwaal.

Naas: ek kan nie setpille gebruik nie. Het 'n padkaart nodig om my aambeie te sidestep.
Assie: OOM NAAS!!! Die moderne manier is om 'n gps te gebruik. Kaarte is uit die oude doos.

 :headbang: :`ip2:
Title: Re: Galstene
Post by: Assie on October 19, 2021, 01:40:34 AM
'n  Aambei met 'n GPS is deesdae vollop. Elke tweede poepol het een.

 :mumum:
Title: Re: Galstene
Post by: Trapsoetjie on October 19, 2021, 08:25:54 AM
Gps of Padkaart dit is die vraag.

Gps verstaan dalk die adres verkeerd - toe PM en ons vir Riebeek Kasteel soek (die dorp) toe van GPS ons na Riebeek die Kasteel in die Kaap.  :laughing4:

Padkaart kan mens nie mee verkeerd gaan nie, behalwe as jy dit onderstebo hou, dan gaan jy 'n groot probleem hê.

 :angel12:
Title: Re: Galstene
Post by: PM on October 19, 2021, 10:29:45 AM
Ook nie rêrig nie, draai net die kar op sy dak.  :walk:
Title: Re: Galstene
Post by: Meraai vannie Baai on October 27, 2021, 01:52:56 AM
PM noem iewerste party ouens voel dat ons 'n tranedal klompie is, maar laat ek julle vertel - jy gaan baie vêr soek om die humor wat ons midde skeet en kwaal het, te ewenaar! Mens hoef net deur plasings van Naas te lees.

'Naas is tans baie gelukkig in sy depressie vasgevang.'

En nog is dit niet die einde...

Naas: Wat die siekte aan betref is dit net my longe wat nie asem kry nie. Die res van my sal nog lank lewe.
As ek vroeer geweet het ek gaan op my oudag net karton en papier moet eet het ek baie meer soetgoed en nat beskuit met jam op geëet.
 
PM: Sodra jy kan sluk en lustig saam met jou lewer sing het jy darem nog baie om voor drankbaar te wees.

Assie: Party plekke is die middelmannetjie so hoog dat die gras ons onderstelle skoonvee en die klippe ons holle skraap. Party plekke is die pad gelyk, party plekke is daar sand dan val ons vas of ons stamp ons onderstelle des moers in die potholes.
Title: Re: Galstene
Post by: PM on November 14, 2021, 03:26:46 AM
Sluk ek maar swaar op die oomblik.  Dit is half vier en ek kan nie nou 'n rooietjie gooi nie. 
Alhoewel, dit is mos Sondag vandag? 
Na so 'n paar rooietjies sal ek hulle wys hoe 'n tranedal lyk!  :pottytrain2: