Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on April 05, 2014, 06:18:40 PM
-
neem my op
in jou kolon
vou my toe
in jou kegel
tel my op
hoog hoog
bo die aarde
neem my weg
oor berge en velde heen
tol met my oor
landskappe see
en vreemde lande
neem my
waar die stilte roep
bokkies en voëltjies
met mekaar kwispel
sit my neer
op die hoogste piek
waar net ek alleen
met die wind kan sing
©ANS BOTHA
-
Mooi geskryf.
-
Dankie Fransi
-
Baie mooi Ans. :hello:
-
Dankie vriendin. Lekker om jou weer hier te sien,
-
Dankie matertjie. Ten einde laaste het ek my eie internet-toegang en dalkies mag dit nou beter gaan. :hello2: