Author Topic: Torre en harsaanskudding  (Read 4528 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Jan Dink

  • Administrator
  • Suigeling
  • Posts: 11
    • TruSoft Software
Torre en harsaanskudding
« on: May 05, 2013, 12:13:10 PM »
Al ooit gewonder wat harsaanskudding regtig is?

Wel, in kort, dit is wanneer jou kop 'n harde slag kry en meeste van jou torre val van hul proppe af.  Dan neem dit 'n tydjie vir hulle om weer op die proppe te klim en die regte toutjies te trek.  Die simptome is gewoonlik dubbel visie (Die torre trek te veel toutjies soos hulle probeer om weer op te klim en die seine van die oog na die visuele prosesseer eenheid kom dan nie almal gelyk daar aan nie en party seine word meer as een keer aangestuur).  Die kopseer is nartuurlik ook omdat die torre heelwat herstel werk het om te doen na so 'n voorval.

Nou wonder die leser seker hoekom die torre nie aan houdend van hulle torre afval soos mens jou kop draai en skud of selfs as jy ligte stampies teen jou kop kry, soos rugby spelers of boksers of jongmense by die hedendaagse inkarnasie van 'n partyjie ("rave") nie?  Wel, die antwoord is natturlik ook iets wat die wetenskaplikes geheim wil hou, maar die inligting het uitgelek en word veral gebruik in wetenskap fiksie.  Mens dink gewoonlik dat wetenskap fiksie net fiksie is, maar baie van die dinge wat ons dink die skrywers uitdink is goed wat wel bestaan, maar ons word nooit daaroor ingelig nie.

Soos byvoorbeeld die "innertial damper" wat ons in stories soos Star Trek kry.  Die konsep is dat die uitrusting dit moontlik maak vir 'n ruimtetuig om baie vinnig te versnel of te stop of draaie mak sonder dat die mense aan boord rondval.  As mens nou verder na die tegnologie en trminologie gaan kyk, sal mens oplet dat die skrywers die term "innersial damper" eintlik heeltemal verkeerd gebruik.  'n Skokbreker is 'n tipe van 'n "innersial damper", maar ons almal weet dat ons nog steeds hop in die motor as ons oor 'n hoppel ry, dus kan ons nie eenvoudinge skokbrekers in ons skedel he nie, want dan sou die arme torre heeldag stormwater gehad het.

Ons kyk meer na die tegnologie wat kan toelaat dat 'n ruimtetuig kan versnel van stilstaande tot 4 keer die spoed van lig (ongeveer 4 biljoen km/h) in 'n paar sekondes sonder dat almal aan boord omval en platgedruk word teen die muur.  Ons weet dat die torre 'n lekker stil dam het waarop hulle rondvaar meeste van die tyd, al draai ons ons koppe rond of skud die kop.  Dus kyk ons na "innertia negation".  Dit is die proses wat 'n item se aanvoelbare beweging heeltemal kanselleer, maak nie saak hoe vinnig dit beweeg nie.

Die geheim is dat ons skedels uitgerus is met 'n "innertia negation" stelsel wat die inhoud van die skedel stabiel hou.  Die wetenskap fiksie skrywers gebruik met opset die verkeerde term sodat mense nie nuuskierig moet word nie.  Wetenskaplikes kon nog nie uitwerk hoe die stelsel in ons skedels werk nie, hulle weet net dat dit werk.

Maar, soos met enige ding op aarde is daar beperkings aan enige stelsel.  Ons weet ook uit Star Trek dat almal lekker rustig op die skip kan rondloop terwyl hulle teen biljoene kilometers per uur deur die sterre stelsels vleg, maar wanneer hulle 'n groterige asteroide tref, of 'n klein maan of dalk 'n ligte stampie teen 'n planeet, dan is die skok te groot vir die "innertia negation" stelsel om te kan hanteer en dan val die mense rond.  Nou, net so is ons eie "innertia negation" stelsel ook beperk en as ons 'n baie harde stamp teen die kop kry, dan kan die stelsel nie al die skok hanteer nie, en dan val ons torre ook rond, met die gevold dat ons harsaanskudding beleef.

Dus, die volgende keer wanneer jy jou kop stamp of hard skud, dink aan die torre daar binne en die wonderlike stelsel wat die waters vir hulle kalm hou.

« Last Edit: May 06, 2013, 03:59:47 AM by Jan Dink »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Torre en harsaanskudding
« Reply #1 on: May 05, 2013, 04:07:01 PM »
Pragtig Jan Dink, nou verstaan ek ook beter.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Torre en harsaanskudding
« Reply #2 on: May 05, 2013, 04:14:14 PM »
ja en as jy vir sommige mense meer as een opdrag op 'n slag gee dan rits daai torre ook rond om by die regte toutjies uit te kom om te trek en hulle stamp teen mekaar en val af en trek verkeerde toutjies en dis dan waneer die persoon wat 3 of 4 dood eenvoudinge opdragte op een slag kry dit nie kan uitvoer nie want sy torre is nie so geprogrameer nie.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Torre en harsaanskudding
« Reply #3 on: May 05, 2013, 05:56:41 PM »
Giggel, giggel..
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Torre en harsaanskudding
« Reply #4 on: May 06, 2013, 11:47:46 AM »
ek dink ek het nie meer torre nie - die proppe float op hul se eis rond ... en Theo se torre is oorbevolk en baie besig ... en JanDink se torre is paal aan die dink ...

 :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w