Author Topic: Torre en herstelwerk  (Read 3769 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Jan Dink

  • Administrator
  • Suigeling
  • Posts: 11
    • TruSoft Software
Torre en herstelwerk
« on: July 28, 2012, 03:14:02 PM »
Al ooit gewonder wat gebeur as jy 'n kopseer kry.  Die dokters wil vir ons vertel dit is weens are wat vernou in die brein en al sulke snert.  Dit is natuurlik deel van die tor-sameswering.  Wat regtig gebeur is dat die torre is besig met herstelwerk aan die dam, of die koepel of hulle kwartiere en werks area.  Dit is nou herstelwerk wat hamers benodig, soos om duike uit die koepel te klop of om 'n lekkasie in die dam te herstel deur 'n hout wig in die gat te kap.  Dan is daar die meer ernstige herstelwerk wat 'n hamer boor vereis, soos om konkreet op te breek om 'n muur wat gekraak het te herstel.  Dan kry mens sommer 'n skeel hoofpyn.

Een van die mees algemene oorsake van 'n kopseer is natuurlik die babelaas, wat die gevolg is van te veel alkohol inname.  Iets wat meeste mense nie weet nie, is dat 'n mens glad nie direk deur alkohol geraak word nie.  Dit is net miere wat geraak word deur alkohol.  Wanneer mens drink, word die alkohol in jou bloedstroom opgeneem en die bloedstroom is ook waarmee die voedingstowwe vervoer word.  Net buite die torre se koepel is 'n kos fabriek, waar 'n groep toegewyde miere die kos voorberei vir die torre.

Die miere neem die kospakkies uit die bloedstoom en gebruik dit dan om koekies en broodjies en allerhande lekker snuisterye te bak vir die torre.  Nou, as daar alkohol by die kospakkies is, dan laat die alkohol die miere se oe traan, wat dan veroorsaak dat hulle nie die resepte so lekker kan lees nie, en dan gebruik hulle te veel olie en botter in die resepte, wat veroorsaak dat die broodjies en eetgoed heeltemal te vetterig is.

Wanneer die torre dan die vetterige kos eet, dan word hulle hande vetterig en glad en dus sukkel hulle om die roeispane en toue vas te vat.  Hulle trek dan nie al die toue op die regte tyd nie en dan begin mens snaakse goed doen, soos om van balans af te wees, snaaks te praat, vertraagde reaksies, ens.

Wanneer die torre se hande so vetterig is dan gebeur dit ook dat hulle met hulle proppe teen die wand van die koepel bots en hulle probeer keer met die roeispane en die botsings en geswaai van die roeispane maak duike in die wand van die koepel.  Hulle laat ook goed val en glip in hulle kwartiere en werks area, wat gate in mure veroorsaak, deure wat beskadig word en allerhande ander skade.  Terwyl hulle hande vetterig is, help dit natuurliks nie as hulle probeer regmaak nie, want hulle vererger net die situasie en hulle is natuurlik ook heeltemal te besig om die regte toue te prober trek.
Dus, kan hulle eers regtig die herstelwerk doen wanneer die alkohol uit die sisteem gewerk is en die miere weer kan sien wat hulle doen.  Dit is wanneer mens die babelaas het.

Daar is natturlik ook ander herstelwerk wat mens in 'n mindere mate raak, soos bv wanneer 'n skakelaar of 'n tou vervang moet word.  Die vervanginswerk is gewoonlik vinnig en mens is gewoonlik glad nie bewus van dit nie.  Maar soms wanneer mens skielik opstaan en jy is van balans af of effe lighoofdig, dan is dit wanneer mens die torre onkant betrap het terwyl hulle besig was om 'n skakelaar of 'n tou te vervang.  Dan trek hulle ook nie al die toue betyds nie.

Soms haak 'n skakelaar vas en die tor pluk dan die tou verskeie kere om die skakelaar reg te laat werk.  Dit is wanneer mens begen nies.  As jy dan jou asem ophou vir 'n wyle, dan gee dit van die ander torre kans om ook te help met die skakelaar wat vashaak en dan hou mens op met nies.

Dus, volgende keer as jy kopseer het of snaaks voel, dan weet jy dit is maar net die torre wat besig is met herstelwerk.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Torre en herstelwerk
« Reply #1 on: July 28, 2012, 05:14:43 PM »
my arme miere gaan vanaand lekker huil want ek gaan daai glassie port geniet  :icon_biggrin:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Torre en herstelwerk
« Reply #2 on: July 29, 2012, 06:51:51 AM »
Kostelik! Ek geniet hierdie torrestories.  Dit lyk my hier gaan 'n reeks kom.   :icon_salut: Dankie Jan Dink.   :book1:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Torre en herstelwerk
« Reply #3 on: July 29, 2012, 08:22:07 AM »
Ek sit met dreigmente agter JanDink om meer te skryf
Die K9-gang, Theo en ek staan gereed om aanval te loots
as nommer drie van die tor-stories nie binnekort te lees is nie  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Torre en herstelwerk
« Reply #4 on: July 30, 2012, 01:29:53 AM »
 :icon_salut: :`ip2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Torre en herstelwerk
« Reply #5 on: July 30, 2012, 04:54:25 PM »
Hier het jy nou vir my en Raaitjie ook agter julle!  :`ip2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Torre en herstelwerk
« Reply #6 on: July 30, 2012, 06:40:29 PM »
ek sal hom se hy moet lig loop en no 3 moet spoedig hier te lees wees  :icon_biggrin:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Torre en herstelwerk
« Reply #7 on: July 31, 2012, 09:57:48 AM »
 :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin: