Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: Stof on May 29, 2011, 06:18:53 PM

Title: Billie se mikroskopiese sagte arogansie
Post by: Stof on May 29, 2011, 06:18:53 PM
Lepi knor. Vir Billie Hekkies en trawante se hebsug en eiewaan. Lepi se skroefdraad is erg beskadig. Hy bid nou vir genoeg voorsiening om 'n skaflike AppleMac of twee te kan aanskaf wat nie uitgelewer is aan Microskopiese Sagteware arogansie nie. Wie gaan met luis saamstem hieroor?  :BangHead:
Title: Re: Billie se mikroskopiese sagte arogansie
Post by: Edelsteentjie on June 12, 2011, 11:11:24 AM
'n Apple i-pad het my te beurt geval. Wat 'n plesier!
Title: Re: Billie se mikroskopiese sagte arogansie
Post by: Jeannedarc on August 15, 2011, 11:49:40 AM
Ongelukkig stem Jeanne D'Arc nie saam met die sagteware debakel nie - sy het nog nie enige newe-effekte ervaar van willie hekkies nie. 'n AppleMac sal ook nie aan Jeanne D'Arc enige voordeel bied nie want sy het nie enige behoefte daaraan nie. Maar dit beteken nie dat Lepi nie so 'n behoefte het aan 'n stelsel wat eksklusief vir grafika uitgedink is. Ek kry nou so die gevoel dat ek hier nog 'n "nie" behoort in te sit maar dan is daar 3 nie-s in die sin???  :icon_study: