Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Baie geluk... Baie welkom => Topic started by: PM on January 31, 2013, 03:01:00 PM

Title: Welkom Wikus
Post by: PM on January 31, 2013, 03:01:00 PM
Baie welkom by ons Wikus.  Ek wag vir jou bydraes, baie opgewonde.

Dankie Juffrou Gawelina dat jy ons aan hierdie pragtige mense voorgestel het.   :love7:
Title: Re: Welkom Wikus
Post by: Meraai vannie Baai on January 31, 2013, 10:52:29 PM
Warm welkom van oorkant die aardbol Wikus. My plekkie ook geboek vir jou saamgesels  :notworthy:
Title: Re: Welkom Wikus
Post by: PM on February 01, 2013, 01:23:15 PM
Ek is bly om te sien jy is "in" Wikus.  Nogmaals baie welkom.    :bootyshake:  Skree indien daar enige onduidelikheid is.   
Title: Re: Welkom Wikus
Post by: Wikus on February 01, 2013, 01:24:55 PM
Baie dankie,

Ek waardeer opreg.
Groetnis :munky2:
Title: Re: Welkom Wikus
Post by: PM on February 01, 2013, 01:31:21 PM
Giggel ek vir die prentjie wat jy gebruik Wikus.  Ons het elkeen al 'n "gatseggie" eie aan ons, soos 'n "kenteken".  Ek wonder nou net...   :icon_biggrin:
Title: Re: Welkom Wikus
Post by: Gawelina on February 01, 2013, 04:27:03 PM
welkom, welkom. baaaaie welkom :hello:
Title: Re: Welkom Wikus
Post by: Ah Willa on February 02, 2013, 08:16:06 AM
Hallo Wikus

baie welkom .... skiesie ek kom nou eers hallo se.  Ons direkteur van tydsake - Theo Truter is in Sept 2012 met Autism gediagnoseer - dit gaan baie goed - ver bo verwagting, maar ons pas aan by nuwe dinge om hom te help ... so soms word ons tyd ingesluk nog voor ons kan kom hallo se ...


maar wil net gou vir jou se ... enige inteken of forum tegniese probleme - email ons asb sodat ons dit dadelik kan aandag gee daaraan - of laat Petra weet - sy het ons nommers en sal ons aandag dadelik op die probleem sit.

ek sluip so van tyd tot tyd hier in net om te lees en my siel te voed ... en soms borrel lag tyd vriendelik, dan kuier ek lekker saam.

sien uit daarna om jou werk raak te lees en wanneer tyd vriendelik smile - saam te kuier!

Title: Re: Welkom Wikus
Post by: Fransi on February 02, 2013, 11:16:45 AM
 :hello:

Baie welkom en ek hoop jy geniet dit hier.
Title: Re: Welkom Wikus
Post by: Wikus on February 04, 2013, 02:22:49 PM
Baie dankie aan al die mense, ek het nie baie tyd nie, maar sal gereeld hier inloer en lees wat julle doen.
Ja, Gawelina, soos jy weet het ek die prentjie gekies wat die naaste aan my lyk - ek kon dit as my profiel foto gekies het!

PM en haar beterhelfte kom Dinsdagaand by ons braai - sal dan al die ander kinkels probeer uitstryk sodat ek nie geheel en al tegnologies gestremd lyk nie.

Groetnis  :munky2:
Title: Re: Welkom Wikus
Post by: PM on February 04, 2013, 03:41:47 PM
Oee, nou is ek weer in die moeilikheid by Gawie, sy is juis so jantjie omdat sy nie die vorige keer kon saam kuier nie. 
Title: Re: Welkom Wikus
Post by: Gawelina on February 04, 2013, 10:25:05 PM
 :crybaby2: julle is alweer lelik met my!!! Net omlat ek die kleinste hier is. Sies!

 :angel4: toemaar, ekke wil net breedvoerige verslaggewing hĂȘ oor al die lekker dinge wat julle gepraat het, selfs al het julle van my geskinder. Ekke lief julle mos en gun julle 'n lekker kuier.
Title: Re: Welkom Wikus
Post by: PM on February 05, 2013, 03:01:26 AM
Goed so, ons sal sommer hier van jou kom skinder dan kan jy alles lees, omlat ons ook lief is vir
jou.  :angel4:
Title: Re: Welkom Wikus
Post by: Meraai vannie Baai on February 05, 2013, 04:29:07 AM
  :headbang: My plek geboek!  :notworthy:
Title: Re: Welkom Wikus
Post by: Ah Willa on February 05, 2013, 10:14:25 AM
 :coffee2: my stoel hier nader gesleep ...