Dis daar
ja, sowaar, dis DAAR
dit was nie gister daar nie
waar?
daar man, daar!!
langs my linker oog
vir almal om te sien
diep, soos ‘n kloof uitgekerf
o, hoe wreed is die ouderdom
die skete en plooie wat daarmee saam kom
stram en seer die hele lyf
die heup is uit potjie, jy kan die ongemak nie beskryf
dis brille en pille, Dr moet net gou check
dis voorskrifte by die dosyne, ek word heeltemal GEK
daars ‘n raat vir elke siekte en skeet
van Ouma se honnepisbossie-tee
tot koeispeensalf aan hakke te smee
ek maak waansinnige planne
idees en sommetjies en kners op my tanne
my bankbalans is hopeloos vêr in die ROOI
maar ek kan regtig nie so lyk
so…… baie minder mooi!!
Meneer die bestuurder, groot asseblief
Goed mevrou, gaan tog net nou
Dis bietjie eina
dis naaldprikkie seer
maar, yippee, toe ek daar uitkom
kon ek nie smile nie, nee glad nie meer
maar ek het geen meer plooi
ek is nou ‘n Botox-nooi!!
©Elsabé