Goeie more liewe Meraai. Wat 'n interessante gesprekspunt open jy hier vir ons met jou gewaardeerde kommentaar. Ja, dit is wat so wonderlik is van die digkuns, en eintlik alle kunsvorme in alle genres. Mens kan dit soos jy noem as 'n 'template' gebruik vir jou eie omstandighede, gevoelens en denke. Dit is waarom liedjieskrywers en sangers sekerlik elke dag 'n broodjie op die tafel het. Vandag nog, eeue later, sit ons met digkuns van meesters soos Shakespeare, Shelley, Keats, Wordsworth, Leipoldt, A.G. Visser en sovele meer, en bespiegel maar en plaas ons eie interpretasies daarin. Soms is dit deel van 'n kunsvorm se misterie. Dat ons nooit regtig sal weet nie. 'n Goeie voorbeeld hier is die Mona Lisa, ne?
Hierdie gedig kan in vele opsigte geinterpreteer word, die vrae en antwoorde leen dit perfek daartoe. Dit is so dat dit 'n kopgesprek van vrae en antwoorde is in die digteres se kop. Kan dit wees dat omstandighede, soos afsondering en onttrekking hoop, rigting en liefdesbetoon onmoontlik gemaak het? Dat sy nie onveranderd daardeur gelaat is deur die jare nie? Dat sy juis daarom nie die een versoek van haar geliefde, naamlik om steeds die meisie van lank gelede te kan wees, aan kan voldoen nie? En dat dus daarom die hoop, rigtingslig en blyke van liefde daarom verwelk en onmoontlik gemaak is?
Mens moet ook nooit seker uit die oog verloor dat om 'n gedig te chronoliseer 'n goeie idee is nie. Dit is veral met ou meesters se werke bewys. Analiseerders het probeer om die tydsaspek waarin dit geskryf is, te gebuik as 'n tool om die omstandighede te bepaal en sodoende sin uit die kuns te maak. Onthou, kunsttenaars het 'n 'file' in hul koppe. En wanneer hulle geinspireerd, of doelmatig, weer begin skryf, diep hulle soms daardie inligting op as materiaal.
Ai, hoe lekker was dit nou net nie om weer so lekker en kreatiewe sinvolle gesprek te kon voer nie!