Bak en brou > Item vir die week

Kom ons praat KANEEL

<< < (2/2)

Elsabe Oosthuizen:
Kaneel is so eg Suid Afrikaans. Dit is 'n spesery wat 'n hele paar betekenisse na vore bring, bv Boeretroos, Ouma se kombuis, plaas, winter, verlang, kuier, lekker eet, vriendskap en warmte om maar 'n paar te noem. Sonder die spesery, is enige kok brand arm. Het julle geweet, wanneer jy kaneel oor Hawermout pap gooi, weet jy nie eers jy eet pap sonder suiker nie, en is baie gesonder.

Fransi:
Dit is baie interessant, ek sal dit beslis probeer.

Meraai vannie Baai:
Behalwe net 'n unieke reuk wat jou terugneem na kultuurdisse van toeka tot nou - het kaneel 26 gesondheidsvoordele. Kan nou nie onthou of ek al oor dit ergens gesels het. Groot 'skuus as ek myself herhaal.

Vir die ouens wat belangstel in die mediese voordele:
http://cinnamonvogue.com/cinnamoncommonuses.html

Dan het ons ook 'n heerlike bederf (ek noem dit sommer Kaneelwieletjies) wat klein en groot laat smul. In 'n japtrap is hierdie lekkerny gemaak, gebak en verorber  :icon_biggrin:

As jy lui is soos ek, is die vinnigste om gekoopte blaardeeg effens groter uit te rol. Druk bruinsuiker (ek gebruik gewoonlik raw sugar ) bo op deeg vas met hande. Jy kan dit so duk strooi as wat jy wil. Dan het ek skoon kaneel geneem en dit bo oor gestrooi. Jy kan ook die suiker en kaneel vooraf meng en dan oorstrooi. Vir my is dit die lekkerste deur eers die laag suiker en dan kaneel oor te strooi. Rol nou op  en strooi nou kaneelsuiker bo-oor. Sny in wieletjies en pak in gesmeerde bakplaat.  Bak tot goudbruin in 200 grade oond. Laat afkoel en sprinkel liggies met versiersuiker. Die koekies smaak soos die gewilde Hollandse koekies wat ten duurste in die winkels verkoop word.



*Appelrosie omring met kaneelwieletjies was die naweek Meisiekind se Engelse soet-brekkie  :toothy4:

Fransi:
Dit lyk so lekker!

Meraai vannie Baai:
'n Stryd om nie alles gelyk te wil eet nie Fransi. Vinnig en maklik op die koop toe  :headbang:

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Go to full version