My liewe AB. Ek mis jou 'n hond uit 'n bos uit! Gelukig het ek nog 'n 5lt kannetjie wyn wat net wag om oopgemaak te word.
In onse klein dorpie is groente en vrugte 'n rariteit. (Ek hoop nie Raaitjie of Naas lees hier nie, hulle sal my stenig.)
Ek dink, ons op die plase, ver van die stede, is bevoorreg. Ons het nou wel nie die gerief nie, maar ons het die vrede.
Dan glo ek ook natuurlik, what will be will be. So be it! Ek mis julle. My hart gaan uit vir 'n ieder en 'n elk van julle en jul families en hoop van harte dat julle veilig sal wees.
Ek dink ons moet regtig 'n bus reel om saam te kuier, na hierdie episode! Almal moet hulle inset lewer. Kom ouens, laat die vure brand!