Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on July 16, 2011, 11:09:20 AM

Title: droomnag
Post by: adele on July 16, 2011, 11:09:20 AM
dis 'n alleenaand
wat in koue sterf,
'n laaste koer
vanaf die tortel se werf.
weet die visse
dis al donkernag?
lok 'n ster jou
na waar ek op jou wag?
raak ek aan
jou vingerpunte
proe ek tjoklit
op jou koel lippe,
gee ek my oor
aan jou arms se krag
naby in droomland
waar jy elke aand op my wag.

 :grommit:
Title: Re: droomnag
Post by: PM on July 16, 2011, 12:49:15 PM
Baie mooi Adéle.  Ek het jou gemis.  Bly om jou weer raak te lees!   :love7:
Title: Re: droomnag
Post by: adele on July 16, 2011, 01:35:18 PM
dankie lief mens. wanneer ek kans kry hier te kuier, kon ek nie inkom nie en hierdie laaste 2 weke het ek tussen werk deur getrek, tydelik in een huis, wag vir my huis wat seker oor maand beskikbaar sal wees. kan nie wag nie.

 :grommit:
Title: Re: droomnag
Post by: PM on July 16, 2011, 02:41:25 PM
Dit sal ook tot 'n einde kom.  Almal is maar dol besig.  Ek is so opgewonde oor die boek,  laat hoor tog gou wat jy alles wil plaas.