Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => JeannedArc se plek => Topic started by: Jeannedarc on July 03, 2013, 09:25:40 AM

Title: Marathon van die Lewe
Post by: Jeannedarc on July 03, 2013, 09:25:40 AM
Klap klap
Klap klap
Nog ‘n skuifel
Nog ‘n kilometer verby
Vroegoggend, douvoordag
Laatmiddag as die son kwyn
Klap klap

Klap klap
Klap klap
Leë bierbottels in die straat
Uitgelope getuienis
Van die steroiedes van die lewe
Nog ‘n kilometer, nog ‘n jaar skuifel verby
Klap klap

Klap klap
Klap klap
Onder ‘n boom
‘n gebruikte kondoom
Die oorblyfsels
Van passie  vermors, ‘n marathon verby
Klap klap

Klap klap
Klap klap
Glassplinters soos diamante in maanlig
Stukkies karwrak in ‘n kruising
Stille tekens van gebroke atlete, vergete
In die marathon genaamd lewe
Klap klap

Klap klap
Klap klap
Bevrore doudruppels in ‘n blom
Miljoene stukkies ys in die lug
Vang die prag van ‘n sonstraal
Om dit oomblikke later weer te verloor
Klap klap

Klap klap
Klap klap
Nog ‘n kilometer
Die glansprag van goue sonstrale
‘n belofte van sukses, oorwinning
Aan die marathon van lewe wenner
Klap klap


Title: Re: Marathon van die Lewe
Post by: PM on July 03, 2013, 09:44:08 AM
Goed geskryf Natalie.  Ek sien jou waarnemingsvermoë het goed te pas gekom so tussen die klap-klap van drawwende tekkies op die teer.   :hello2:  Ek lig my hoed vir jou.