Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on August 26, 2011, 04:21:30 AM

Title: Jy MOET dit lees!
Post by: PM on August 26, 2011, 04:21:30 AM
 Verskuilde Verse (geskaai en gelas uit die maters se ABC-gange) in die woordeboek.

Maters, ons is baie bevoorreg om vir Meraai vannie Baai hier tussen ons te hê wat ons woorde gryp en daarmee toor!
Gaan soek in die biblioteek na julle kosbare bydraes wat sy omswaai in die beste woordkuns.  Kom ouens, kom sê wat julle daarvan dink.  Ek dink sy verdien 'n goue medalje en 'n  :wav:
Title: Re: Jy MOET dit lees!
Post by: Angelica on August 26, 2011, 06:57:42 AM
Moet se, sy's 'n besige vrou.

   :icon_cheers:
Title: Re: Jy MOET dit lees!
Post by: Meraai vannie Baai on August 26, 2011, 10:38:31 AM
Angelica dit is my gesteelde tydjies wat kosbaarder is as goud en silwer wat ek so spandeer. As ek julle spore so volg waar julle net gesels besef ek dat selfs daar skitter die kreatiewe lyne en daarom is dit vir kosbaar om dit te 'gaps' en te gaan bewaar in versvorm. Die kopiereg behoort nog steeds aan julle - ek het dit net in ander vorm bewaar. Pleit skuldig u edele - woordverslaaf  :icon_bigsmurf:

PM liefste mater dankie vir jou daar wees en waardering deur die jare uitgespreek  :love7: :notworthy:
Title: Re: Jy MOET dit lees!
Post by: PM on August 26, 2011, 10:45:17 AM
Dit is omdat ek dit opreg waardeer Raaitjie.  Jy doen dit  met soveel liefde en oorgawe gedoen.   :love7: