Die Biblioteek > Nuwe woordskeppings

Vertaal "rat race"

<< < (2/6) > >>

PM:
Mol-jol - dit klink vir my na 'n klomp jongmense wat in die nag, onder in die kelder, partytjie hou.   :icon_biggrin:

Daai rotvreterkind van jou word nou baie groot Trappies.  Goeiste, hoe hanteer jy nou vir Koos?

Willa, is muis-loop amper soos leeu-loop?

Ek wil iets wat AB geskryf het op die forum plaas.  Hy praat van die mense wat in 'n "rat race" (net 'n gejaag na wind) is en hoop om 'n nuwe mooi beskrywende Afrikaanse woord te kry om in "rat race" se plek te plaas.  Dankie vir julle deelname.  Help nog asseblief. 

Trapsoetjie:
Hie hie, PM, nee jong dis mos winter en Koos rus nou gelukkig so bietjie. So wat 3 maande laas 'n Rot gehad, en ek dink ons het hom toe 5 gegee. Sal weer volgende maand probeer.

So wanneer die rotte julle jaag, kom maak 'n draai by Kosie se huisie en rot raak net daar 'n muisie.


"Vlugvoetige Malplotters" of "Mallende gegorrel na niks" Nee dis te lank.

Sal nog dink.

 :angel12:

PM:
Ek sal bietjie gril.  Onthou toe Jannas nog met slange geboer het - as hy daai muis in die slanghok gooi, pik die slang tot binne in my hart, skrik ek my koud! 

Trapsoetjie:
Hie hie, nee die rotte is dood voor ons dit vir Kosie gee. Net nou byt Rot se kind my slangetjie dood.  :crybaby2:

 :angel12:

Ah Willa:
muis-loop sommer net in my kop gespring .. nie eens aan leeu-loop gedink nie .. maar vergeet van muis-loop

Naas se mol-jol is bekroon :-)

(skat dit sal nie in n erenstig toon gebruik word nie ha ha - mens lag mens werk elke keer wat mens dit se)

Trappies ek is mal oor jou : Mallende gegorrel na niks

Dit sal dalk goed wees om die hele sin te sien waarin die rat-race gebruik moet word :

maar wat van hierdie paar wat ek soms op verskillende plekke gebruik:

Dis 'n gehap na wind.
'n Geklink en geklank is net geraas.
Hulle is vasgevang in 'n eie tydse tydtronk.
Blare baljaar in die wind, nie mens se tyd nie.

Net een woord:

Windbejaagd
haastigbelas
Windhappies  (hap se kleinvoud een p of twee - ek weet nie sorry MoederPm ) maar weer eens moet dit in 'n sin gebruik word - dis net windhappies, niks verewig nie.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version