Die kuierstoep > Kom kuier saam

O die donkie...

(1/4) > >>

PM:
Wanneer laas het julle 'n donkie hoor balk?
Kan nou nie help nie, maar as daai ding begin, dan lag ek al klaar.  Ons het 'n donkie hier wat so nou en dan sy lot bekla, maar al wat hy kry is 'n "uitlag" en 'n gespot!  :icon_biggrin:
Hannes sê dit klink, hier na die einde se kant toe, asof sy battery pap raak.   :icon_biggrin:
Kan iemand vir my verduidelik wat sê hy?  (Ek bedoel die donkie, as hy so kla!)

Meraai vannie Baai:
My plek is geboek vir Naas se besoek hier  :toothy4:

Angelica:
LOL,  Meraai, ek het dadelik aan Naas gedink.

PM, hou hierdie een vir Naas vir wanneer hy terug is in die son.

Naas:
Ooo!
Diiieeeee!
Donkie is 'n wonnerlike ding.
Hy kla as hy staan
en hy kla as hy gaan
O die donkie is 'n wonnerlike ding.

Julle moet besef dat 'n donkie nie so onnosel is as wat hy lyk nie. Niemand kan so dom wees nie.

Ooo!
Diiieeeee!
Donkie is 'n wonnerlike ding.
Hy sit in die jaart
en piepie in die straat
O die donkie is 'n wonnerlike ding.

Ha ghiee, haaa ghieee haaa

Op pad van Malawie af net voor die Beitbrug grens word ons konvooi deur 'n donkie gestop. In die middel vannie pad staan hy dwars.
Ons toet... Hy lag. Ons raas... Hy lag.
Later klim die dominee uit die bakkie en probeer die dwarstrekkige donkie uit die pad loh met 'n wortel. Die donkie lag.
Hy probeer die donkie uit die pad stoot. Die donkie lag.
Hy gaan staan agter die donkie en gee hom 'n ordentlike skop oppie boud. Die donkie loop verontwaardig die bosse in.
Dominee klap sy hande skoon, klim in die bakkie en sê: "I always wanted to kick some ASS"

Ooo!
Diiieeeee!
Donkie is 'n wonnerlike ding.
Hy staan innie pad
en ons skop sy gat
O die donkie is 'n oorwonne ding.

As julle die donkie mooi kyk sal julle sien hy het 'n haaslip. Eintlik roep hy vir hasie maar oor sy snaakse uitspraak hoor hasie hom net nooit.

 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Ooo! Diiieeee donkie van jou isse wonnerlike ding meester Naas. Daar was nie 'n manier wat ek vanaand kooi toe sou gaan sonder om te loer of jy hier aangedoen het  :hello2: :notworthy: :love7:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version