Die kameelmekeniek.
“Ja” sug Oupa terwyl Ou Ta weg is om die trekker te gaan haal. “Dis geen wonder vandag se manne verwys na hulle voertuie in die vroulike geslag nie. Waar is die dae toe man nog ‘n motor met ‘n pap battery, aan sy slinger kon start”
Vertel oupa my van sy ondervinding in die woestyn met die kameelgedoentes.
“Ek en my swaer was op pad om deur die woestyn na Egipte te reis toe die 4X4 viervoetig vassteek en weier om ‘n steek verder te ry. Gelukkig was dit naby ‘n oase en ons sit toe stuk in na die oase om ‘n mekeniek in die hande te kry wat ons kan help met die bakkie.
By die oase moet ons egter verneem hulle het nie ‘n mekeniek wat aan bakkies werk nie maar hulle het darem ‘n man wat kamele uithuur en verkoop.
Daar aangekom vertel die man ons in gebroke Ingels dat hy ongelukkig net twee modelle kamele het. Die met een boggel en die met twee boggels.
Wat is die verskil? Wil ek weet. Nou soos ek die vent verstaan is die boggels soos watertenkse. Die een model het een tenk en die ander model is ‘n langafstandmodel en het twee tenke.
Ons onderhandel toe om een van die langafstand kamele met die twee tenkse te huur want ons weet nie hoe ver die volgende oase of dorp is nie en ons is nie kameelkenners nie, so ons weet nie hoeveel kilos hulle op ‘n liter kry nie. Veral nie in die sand nie.
So is ons twee toe weer op pad. Op die kameel. Een agter elke boggel.
Moet sê, die kameel afêrente het ‘n liederlike bakrol op hom en sy skokbrekers is na moer. Die luis van ‘n verkoopsman het ons nogal belowe dat die ding meganies in orde is met lae kilometers.
Maar so sukkel ons maar aan vir twee dae. Net toe ons water begin min word kom ons darem by nog ‘n oase aan. Die oase is egter onbewoon en ons is die enigste mense daar.
Nadat ons ons waterbottels volgemaak het besluit ons dis tyd dat die kameel ook moet drink want ons weet nie hoe vêr die volgende oase is nie.
Maar kameel se kind verseg om sy mond aan die water te sit. Wat ons ook al doen, die ding is blykbaar nie dors nie.
Ek is egter mos ‘n vindingryke man en maak gou ‘n plan. As die kameel nie wil drink nie suig ons hom vol soos ‘n strooitjie.
Ek beduie vir Swaer die kameel het mos twee gate. Voor by sy mond en agter onder sy stert. Ek sal die kameel se kop onder die water druk dan moet hy baie hard onder die kameel se stert suig totdat daar water uitkom. As daar water uitkom, weet ons die kameel is vol. Dis soos petrol suig.
So gesê, so gemaak.
Met groot gesukkel kry ek dit reg om die onwillige kameel se kop onder die water te kry en ek skreeu vir Swaer hy moet suig.
Die kameel moes blykbaar nog redelik vol gewees het want na drie diep teue skreeu Swaer ek moet die kameel se kop bietjie lig, hy suig net modder.
Tevrede met die “vol” kameel sit ons ons reis voort.
Drie dae se reis later nader ons nog ‘n oase.
‘n Kilometer voor die oase gaan staan die kameel. Hoe ons ook al stoot, trek, roep en vloek, die kameel staan.
Ek sê vir Swaer hy moet maar by die kameel wag, ek gaan hulp soek.
By die oase verwys hulle my na die enigste kameelmekeniek op die dorp. (met die versekering dat hy die beste is en by die KA (Kameel Assosiasie) geakrediteer is.)
Hy neem toe sy insleepkameel en gaan sleep ons kameel in na sy werkswinkel toe.
Nadat hy ons kameel deeglik ondersoek het trek hy hom daar wydsbeen oor ‘n sloot in die grond.
Hy neem twee groot blokhamers en klim onder die kameel in die sloot in.
Ek wonder nog wat hy nou gaan doen toe slaan hy daai kameel se twee sakke tussen daai blokhamers dat die dadels ryp word aan die bome en daar trek die kameel. In 4X4 “mode” woestyn in dat jy net sien sand spat in al die windrigtings.
Is jy nou mal? Vra en vir hom. Hoe dink jy moet ons nou weer daai kameel vang?
Maklik. Sê hy en beduie dat ek wydsbeen oor die sloot moet kom staan.
“Ja-nee my kind. So het elke voertuig maar sy eie manier van start.”