Die kuierstoep > Bekgeveg

Is jou hond 'n pyn in die nek

<< < (5/5)

Trapsoetjie:
Dankie  :grommit:

Ja dit was/is 'n moeilike dink. Ek het gisteraand 'n goeie huil gehad, dis hoekom ek so laat wakker was. Andrew het vroeg gaan inkruip.

Vandag haar kombersies gewas. Dit is hel warm hier so dit werk lekker uit.

Om die besluit te maak is vreeslik moeilik, en dan om deur te gaan met dit is nog moeiliker, en dan is jy skielik alleen. As dit sin maak.

Maar dit was die beste vir haar. Sy het gesukkel om op te staan en om te gaan sit of le. Sy kon nie meer haar bollie keer nie. Ek gee nie om, om dit op te tel nie. Maar as dit so gebeur dat sy dit nie eers agterkom nie en daarin le. Het ons geweet ons sal moet 'n besluit maak. Sy het darem nooit haarself nat gemaak nie,maar vrydag aand het sy opgestaan en in die rondte geloop en toe kom daai ruik, sy het haar kombersie nat gemaak.

Sy sal seker ons laaste woefkind wees.
 :crybaby2:

 :angel12:

PM:
Hannes se ou Jorratjie  Worshondjie) is ook daar deur.  Na 14 jaar was dit bitter moeilik om haar te laat gaan.  Ek ken daardie lee gevoel van alleen wees.  Staan sterk Trappies, onthou al die mooi en die vreugde wat sy vir julle gebring het.  Dit is net 'n wrede wrede mens wat aan homself dink en nie aan die dier se behoeftes nie.  Ek lief julle. 

Assie:
Ta Trappies se hartspunt wat nou slaap.
Sy wil graag die fototjie vir julle gelaai het maar net soos oom Naas is die fototjies funksie nie vir haar oop nie.

 :mumum:

Trapsoetjie:
Dankie Assie, Ek waardeer dit baie.

 :angel12:

PM:
Dankie vir die foto Assie.  Dankie Trappies.  Die forum is mos daar vir mooi herhinderinge. 

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Go to full version