Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on October 24, 2013, 05:18:40 PM

Title: Waai Wind
Post by: Ans Botha on October 24, 2013, 05:18:40 PM
windjie neem my hand
waai my saam jou
na onbekende oorde

wys my ‘n hemelruim
van sterre, maan en son

sit my neer
hoog bo watervalle
hou my vas
op gladde rotse
dwarrel met my
 oor wye oseane

vlug met my van
storms, sneeu en koue

waai my na onbekende eilande
sit my neer
in die arms van my beminde


Title: Re: Waai Wind
Post by: PM on October 28, 2013, 07:15:01 AM
Ag dis baie oulik.  Ek lief dit Ans.
Title: Re: Waai Wind
Post by: Ans Botha on October 28, 2013, 04:18:11 PM
Dankie PM.