Digkuns > Kom ons help mekaar

Vuurvliegievrou

<< < (2/6) > >>

Gawelina:
Dis 'n pragtige gedig. Julle weet teen hierdie tyd al dat ek my eie manier van dinge doen het en dat rym en leestekens nie juis van my gunstelinge is nie.  Die spasies doen die ding vir my. Ek wag in spanning vir die eindproduk.

Angelica:
Hi WW,
Natuurlik kan niemand anders jou gedig verander nie.  Was ook nie my bedoeling.
Persoonlik dink ek dat slegs vakmanne jou kan help sou jy iets wou verander. Maar dit is slegs hoe ek voel.

werelde weg:
nee wat angelica... ek is min geworry oor die verandering ek lief oppienies hoor!!!!!
is net iewers het ek gelees of hoor dat n mens nie herhaling in n gedi moet toepas nie...

kan iemand dalk daarop beaam? of speel ek nou verkeerd hier?
ek sal bietjie gaan na slaan maar ek het in 2008 n dig dag bygewoon in stellenbosh en die is toe daar aan my genoem...

soos gese ek love doe hele gedig soos hy is dit maak ietsie in my wakker , is net daai wilger stukkie wat ek wil verander

hy wag wag vir wat? en hoe wag hy ? prag kan hy nie voor wag nie want dis nie n prag time atmosfeer nie... kan iemand help?

gawie so jy reken geen leestekens net soos dit nou is?

PM:
Dit is so dat die slimkoppe sê 'n mens moet herhaling probeer vermy waar moontlik.  Soms is dit moeilik, maar ek dink dit is net daar waar die kreatiewe skrywer vorendag kom met 'n nuwe "uitklophouwoord", "wat jou teen die hart fuis".   :icon_biggrin:

Leestekens is ewe moeilik.  Die meeste skrywers wil nie aan bande gelê word nie.  Ek persoonlik sou verkies om sonder leestekens te skryf. juis omdat ek dikwels onseker is.  Soms spring die leestekens sommer vanself in plek.   :icon_biggrin: 

'n Mens moet net seker maak dat dit wat tussen die hoofletter en die punt staan, sin maak. As die "sin" nie 'n werkwoord in het nie, moet daar liewers 'n komme wees.  Bv.

Onder die donker maan,
loop ek suutjies deur die gras.
Agter die blare van die grote willow,
neem ek my plek vir die prag.

Kyk na woorde wat prag kan vervang.  Spel of skouspel, bal of dansbal, of so iets. Voeg ook "in" by.
Bv. "neem ek my plek in vir die skouspel."

Ek is mal oor Ellé se "hemelnag".  Dit pas mooi en beklemtoon die donker. 

werelde weg:
so n paar veranderinge gemaak en het die hemelnag ingewerk asook die gloed woord waar dit beter pas dankie angelica
en  n paar netsen toes uit gehaal met punte en kommas oral

Vuurvliegievrou

Onder die hemelnag,
loop ek suutjies deur die gras.
Agter die blare van die groene wilger,
neem ek my plek in vir die prag.

In die lig van die donkermaan,
dans die vuurvliegliggies
patrone teen die hemelruim.

Terwyl die maan sy donker gloed ontbloot,
neem haar gestalte aan;

met ’n rooi rok wyd gesprei     
styfgespan oor haar bene,
gevorm vir die oog van ’n man
spruit sy haar dans van die vuur.

Haar blonde lokke waai vir my.
Gee my krag wat dieper lê
as net my vlees.

voete     tone     trap sag     tog ritmies in die sand

dans sy haar dans teen die vuur.

Riel    saam     ritmies,
met die vuurvliegie gloed geëts teen die donker maan.

Die kole knetter en spat.
Haar oë    helder en nat.
Sien ek haar gedagtes van more,
gevul met die onthou van gister.

Met ’n oogknip is sy weg,
maar ek sien die rooi rok wuif-wapper
sag tussen die riete     en ek weet
oormore sien ek haar weer...

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version