Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on August 12, 2016, 10:03:17 PM

Title: haar lewensintriges
Post by: adele on August 12, 2016, 10:03:17 PM
sy stap langs die kantval
wat die wye see omsoom
voordat dit uitrafel
in die nat sand;
stom tel sy skulpies op
om haar verbeelding
in prentjiestories
aanmekaar te plak
en met bewende stem
verhaal sy haar
lewensintriges
oor die oseaan,
in ongerymde liriek en noot

©adéle theron

Title: Re: haar lewensintriges
Post by: PM on August 13, 2016, 09:16:45 PM
Dit is so mooi!   Lief vir jou Adele.
Title: Re: haar lewensintriges
Post by: adele on August 13, 2016, 10:09:41 PM
   :love7:  drukkie vir jou!
Title: Re: haar lewensintriges
Post by: Ah Willa on August 15, 2016, 07:11:03 PM
mooi gestel : see uitrafel

prag gedig