Author Topic: Boelies  (Read 4279 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Boelies
« on: November 17, 2015, 04:56:15 AM »
Na aanleiding van Chris Chameleon se brief aan die seun wat op skoolgronde deur ander kinders geboelie is.

Toe ek hierdie lees, onthou ek van Hannes M, uit my Fanie Malan-dae (6 jaar oud) op Upington. Hy het my elke dag met sy vuiste bygekom as ons van die skool af huis toe loop. My voorgelê. Ek het altyd gedrentel tot ek gedink het hy is al op die brug, maar hy was elke dag klokslag op sy pos. eendag het van die groter kinders hom gevra of sy pa sy ma slaan en daarom doen hy dit aan my. Sy antwoord was ja, sy pa slaan sy ma, MAAR dis my ouma (Bredenhann) wat elke keer die polisie bel en sy pa laat toesluit. Hulle en my ouma-hulle was bure. Hy het saam met sy ouers by sy ouma-hulle gebly en sy ouma het elke keer na my ouma toe gehardloop en self die polisie van my ouma af gebel.

Op Kathu het ek hom weer raakgeloop op die skoolgronde. Dit was sy eerste dag in die nuwe skool. Ons was graad 7. Ek en Esna het voor hom gestaan, ek het gevra: “Kan jy my onthou?” Toe hy “Ja” antwoord, skop ek hom op sy maermerrie, het hoër gemik, maar my babydolls wou nie nat word nie en vir hom gesê: “As jy weer jou hande vir my lig, blik*** Dana vir jou!” (Dana was my suster se boyfriend en hy en sy broers se name het hulle vooruitgesnel.) Hannes het nooit weer met my skoor gesoek nie. My wraggies gevra om te kys!!! (Nee ek wou hom nie vir ‘n halfsent gehad het nie).

Maar Laerskool Kathu had ek nog ‘n boelie gehad. Hy het my nie met geweld geboelie nie. Hy het sy tong gebruik. Leuens vertel en ek moes die spit afbyt. Sy handlanger speel, (as dit nie vir hom en sy afpersing was nie, sou ek nooit geweet het ek kan teken en opstelle skryf nie). Hy was die onderwysers se blue eyed boytjie. Sy pa was mynkaptein.

Eendag tydens bybelperiode laat val my vriendin haar uitveer en dit hop tot teen my voet. Ek tel dit op en sit dit op die bank neer, die onnie was besig om te bid. Toe die onnie klaar Amen sê, leun ek oor die paadjie tussen die banke om haar uitveer terug te gee. Toe die trit klipgard skree: "Juffrou sy het Linda se uitveer gesteel!" Maak nie saak hoe Linda verduidelik of ek nie, hy het voet by stuk gehou. Die juffrou het hom in die bek geruk en hom uitgevreet oor hy nie sy oë gesluit het tydens gebed nie.

Ek het hom op Menlo Park Hoër weer gesien. In die biblioteek. Hy het pouses en LO periodes daar deurgebring.Toe was hy ‘n mak mannetjie, want sien, hy word toe geboelie deur ander  kinders. Ons twee het mekaar geselskap gehou want ek kon nooit my klasse in daardie groot skool kry nie. Die biblioteek was ook nader aan die hek en Jacques ‘n goeie “onnie”.

Kathu Hoërskool het ook sy boelie gehad. Emile, die onderwyser het hom ook op sy plek gesit. Eendag sien ek op TV hy is ‘n sersant in die polisie, Tembisa polisiestasie, en hy behandel would be kriminele nes hy ons meisiekinders geboelie het. Hy word nou Mielie genoem.

©Orange Blue

©ALLE REGTE VOORBEHOU Geen gedeelte van hierdie skrywe mag op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiehouer (skrywer) en uitgewer nie
Upington is nie vir sissies nie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Boelies
« Reply #1 on: November 17, 2015, 05:09:10 AM »
As ek my stoel onder jou woordtafel uittrek, weet ek hier kom pure leesgenot - selfs al handel dit oor so teer onderwerp  :hello2: :notworthy:

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Boelies
« Reply #2 on: November 17, 2015, 05:17:39 AM »
Ek bly ek sien jou weer hier.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Boelies
« Reply #3 on: November 17, 2015, 09:14:33 AM »
Boelies is eintlik maar moffies op steroides. Wanneer hulle teruggeslaan word skreeu hulle die hardse.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Boelies
« Reply #4 on: November 17, 2015, 02:10:58 PM »
 :sign10: Naas, hulle sal jou aan die klok gaan ophang sodra hulle die klepel wat weg is kry.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boelies
« Reply #5 on: December 10, 2015, 12:20:08 PM »
Dit sal 'n paar ouens vat hoor!  Die laaste ouens wat aan hom gesleep het was ek en Trappies.  Dit het iets met 'n hysbak en trappe te doen gehad . . .  ???

Dankie vir die deel, ek het lekker gelees. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Boelies
« Reply #6 on: December 10, 2015, 12:31:14 PM »
Dankie vir jou lees PM en kommentaar. Ek is sommer vies oor ek nie geskryf en saam gesels het op Woes nie. Net altyd gelees en my gekrul van die lag as jy, Meraai, Naas en die ander mekaar "aanvat". En hier doen julle nog steeds mee. Dis net meer ontspanne hier.  :color:
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boelies
« Reply #7 on: December 10, 2015, 12:37:16 PM »
Die meeste van ons ken mekaar en ons is regtig mense wat omgee.  Die dag as jy lus voel vir uitgooi dan kom doen jy dit sommer hier.  Ons hou mekaar regop.  Lag en huil saam. 
Woes, en die dae op Woes, was ons vreemdelinge vir mekaar.  Daar was ook 'n paar luise wat dit vreeslik geniet het om 'n spaander in die wiel te gooi.  Hier is nie sulke mense nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Boelies
« Reply #8 on: December 10, 2015, 12:41:24 PM »
Dis wat die kuier so lekker maak hier. Niks baklei om struwelinge nie. 'n FB vriend het dit goed opgesom vanm^ore. Gaan dit gou op fb haal dan kom plaas ek dit hier jy lees.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Boelies
« Reply #9 on: December 10, 2015, 12:44:45 PM »
Koos Botha:"If you sit in a conversation where people justify hatred, racism, anger, gossiping etc. it is easy to see that it is not the Spirit of Love. It is a foreign spirit that wants to separate you from the Pure Spirit of uncontaminated or unconditional Love or bring you under his limitations. You will immediately know in your heart that it is not the Spirit of God or.. "
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boelies
« Reply #10 on: December 10, 2015, 12:52:08 PM »
Werklik goed gesê.  Die gees van liefde kan 'n mens aanvoel! 
Dankie tog dit heers hier op ons forum.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Boelies
« Reply #11 on: December 10, 2015, 12:57:15 PM »
Ek wil hom graag hierna toe nooi. Maar mens trap maar versigtig as dit by die Bybel en mense wat die Woord verkondig kom. Mens wil nie tone trap nie, en ek wil niemand in ander se kele afdwing nie. Hy bly ook in NZ. So dis hoekom ek hom noggie van my lekker kuierplek vertel het nie. Ek b^ere mos eers al my sweeties en eet so stadig moontlik daaraan voor ek uitdeel.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boelies
« Reply #12 on: December 10, 2015, 01:16:44 PM »
Op Woes en talle ander forums kan mense met hul sieninge sleg handuitruk.  Ons praat nie geestelike sake hier nie.  Elkeen respekteer die volgende ou se geloof.  Dit kan nogal baie ongemaklik raak as iemand sy geloof in jou keel wil afdruk.  Wat my kliphard laat lag is die "groot gelowiges" wat so bolle rol en baklei.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Boelies
« Reply #13 on: December 10, 2015, 01:45:34 PM »
Sien, dis hoekom ek huiwer. En dis nou nie dat ek Iemand verlo:en nie. Respekteer net ander gelowe ook, soos ek wil h^e hulle moet myne respekteer. Die sienings wel. Jimmel ek kan hulle bolle rol oor geloof. So onnodig. En die meeste van die tyd hap almal na wind. Ek is Saterdag so oor die kole gehaal oor Kersfees. Niemand baklei nie, skielik is daar 'n bom in my indosie. Toe verwyder ek maar myself van die persoon se vriendelys want ek wil regtig niemand affronteer met my sienings nie. Almal geniet kersfees soos hulle glo, grootgemaak is, en oor reg voel. Wie's ek om te s^e hoe mens dit op die regte manier doen en watter manier is die regte manier? Ek voel soms  :pottytrain5:
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boelies
« Reply #14 on: December 11, 2015, 09:25:58 AM »
Ek kyk nou na die titel van die onderwerp en dit skakel so mooi in met ons geklets.  Jy kan nie jou eie siening op 'n ander afboelie nie.  Ons is elkeen 'n persoonlikheid in ons eie reg en ons het die reg om van 'n ander te verskil.  Hoekom baklei mense oor 'n opinie wat verskil van syne?  Ons moet mekaar aanvaar met verskillende opinies en mekaar steeds lief hê en respekteer. 

Ek hoop dat almal hier nog steeds die vrymoedigheid sal hê om sy idee, opinie, siening, of wat ook al te opper, sonder om bang te wees iemand val hom aan.  My maggies, wat maak dit saak hoe jy jou Kersfees spandeer, dit maak mos nie inbraak op my manier nie!  Tog sal ek graag jou mening wil hoor.

Ek sal 'n ekstra draadjie begin. 
Om te weet is om te verstaan.