Author Topic: UrAnus  (Read 1711 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
UrAnus
« on: November 15, 2015, 05:27:27 AM »
Die week het soos UrAnus begin.

Een: Die Rand is besig om sy alie te sien.

Twee: Een van Driekie se afstammelinge is nog hier. (Driekie was een van ons eerste ooie, en ook die een wat elke keer tweelinge gegooi het en 'n baba oppasser vir haar lammers gesoek het)

Ewentewel die afstammeling gooi ook tweelinge en ook sommer nou twee keer in dieselfde jaar. (Anton het haar ‘n rooi tou om die nek gesit middel laasjaar oor sy nie gevat het nie. Nou blyk dit sy het so geskrik vir rooikeelsiekte dat sy Verwoerd se Nasiebou op haar eie wil voed).

Die nuwe "dame" weier om haar lammers te laat drink, mits mens nie haar kop streel of haar ore vryf nie. Liewe hemel! Wafferse se skape kry ek om mee te boer?

Ewentesy, Anton moet gister gaan werk in die dorp en ek moet die "dame" se kop en ore vryf sodat die lammers kan drink. Die afskorting is te hoog, my bene te kort om oor te klim en my arms te kort om haar wat buite bereik is nader te trek of te vryf. En die lammers kla my ore van my kop af.

Uit moedeloosheid gaan pluk ek vaalbostakkies om haar te verlei tot nader aan die afskorting. En sy gaan staan stil en proe-proe aan die blaartjies. In plaas daarvan dat die lammers insak om te suip, staan die twee krulkoppies en trippel voor die afskorting en kla oor hulle honger is. Simpel goed, my ma het altyd gesê, mens kry niks dommer as ‘n skaap nie. Ek wou nooit met haar saam stem oor dit nie, maar nou gee ek haar die voordeel van die twyfel.

Drie: Vanoggend was dit weer Bertus se hond wat die pad gevat het, na hulle gaan werk het, tot my en Anton se frustrasie. Hy moes die spoor  soek om Taffie te gaan soek. Liewe Lulu wat sy skaduwee is, was van veel hulp. Sy maak nuwe spore en soek na alles behalwe Taffie se spoor. Dis op en af met die spoor na Anton toe en dan lyk dit of haar tor weer op sy kurkprop beland het en vat sy weer Taffie se spoor vir 'n paar treë, vlieg dan om en storm weer op haar baas af.

Na twee ure se soek en roep, kom hy met leë hande by die huis aan. Bel vir Bertus en sê: “Jou hond het weggeloop.”

Anton eet toe maar koue ontbyt. (Dit het met die soekery agterweë gebly).

Net toe hy sy bord en koffiebeker in die wasbak sit (vir ‘n verandering), blaf die ander honde en hy gaan kyk. Hier is Taffie in die tuin, botter kan nie in haar bek smelt nie!

Die week het darem ook ‘n silwerrandjie. ‘n Vriendin het vir my raat gegee om magnesiumpille saam met die ysterpille te drink vir beter absorpsie. Ek het haar raad gevolg en dit gaan beter om die pille en die lewer af te sluk. Ek raak nie meer so naar vir die reuk en smaak daarvan nie. So vandag voel ek eintlik goed. Om een of ander rede dip my hart ook nie so baie nie.

So eintlik kan ek nie kla nie, want all is fair in love and war op Belle Gente. Want op my bed lê ses katte  en vier honde. Die perde loop in my droë tuin, Sebastian vreet my spinasie op (al wat nog wil lewe in die hitte).

©Orange Blue



©ALLE REGTE VOORBEHOU Geen gedeelte van hierdie skrywe mag op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiehouer (skrywer) en uitgewer nie.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: UrAnus
« Reply #1 on: November 15, 2015, 06:36:09 AM »
Hier gaan ek nog lekker kuier tussen die woorde.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: UrAnus
« Reply #2 on: November 15, 2015, 01:19:11 PM »
Het ek dit nou geniet! Sooo baie dankie vir die deel. Wil ook 'amen' skryf op Naas se kommentaar. Hier kom lekker lees  :notworthy: :icon_salut:

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: UrAnus
« Reply #3 on: November 17, 2015, 04:46:50 AM »
Dankie Naas en Meraai, dan sal ek weer kom plaas op my plekkie. :love7:
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: UrAnus
« Reply #4 on: December 11, 2015, 09:30:54 AM »
Die "galok by die ongalok".  Dit is heerlik om weer op die forum te kan kuier en soveel leesstof op een kol raak te delf.  Dankie Marinda.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: UrAnus
« Reply #5 on: January 26, 2016, 11:18:56 PM »
Dankie PM
Upington is nie vir sissies nie.