Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on September 25, 2013, 07:36:10 PM

Title: verlange-trane soms te min
Post by: adele on September 25, 2013, 07:36:10 PM
het jy geweet Hy is aan jou sy
daardie donker nag tevore
teen jou skouer het ek gebly
te bang ’n enkel minuut verlore
uit my geheue flikker nou
ons geliefde Psalmwoorde
altyd sal ek dit onthou
ons spesiale vers se akkoorde
maar eers drup die seer
ek sal nog duisend-dae soek
verlange na jou lippe teer
jou liefde in my hartsrooi boek
onthou jy ook ons wandelings
langs die dam se watersoom
wie kan verstaan ons handelings
kosbaarste liefde net van te droom
nou drup ek ons vreugde tussenin
my hart in toiings rou verskeur
verlange-trane soms te min
sal Hy verstaan as ek so treur ...

 :grommit: 
Title: Re: verlange-trane soms te min
Post by: PM on September 26, 2013, 05:21:11 AM
Jou hartseer en verlange pragtig verwoord Adéle.  Mag jy genoeg krag ontvang om daardie 1000 dae die hoof te bied. :love7: