Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on October 30, 2021, 11:00:46 AM

Title: Toe oë
Post by: Naas on October 30, 2021, 11:00:46 AM
Toe oë

Ek staan toe oë.
Kyk al sittende.
Rondom die slingerdraaie
wat my land
roekeloos
ondertoe slinger.

En met my toe neus
ruik ek die parfuum
van stront,
muldelik
gestrooi
oor die eens groen
van 'n verlore
voortuitgang.

En in onsekerheid
besef ek
onomwonde,
vooruitgang
van verval
word bemes
deur versekering
in liegwoorde,
onstuitbaar
sonder ophou
gepleeg.

En my
hart
treur,
hartseer...
trane...

©
Naas Breytenbach

 :icon_bigsmurf:

Title: Re: Toe oë
Post by: PM on October 30, 2021, 11:36:54 AM
hartseer
trane


wat 'n gemors van 'n gemors 


Mooi geskryf Naas. 
Title: Re: Toe oë
Post by: Meraai vannie Baai on October 31, 2021, 11:41:57 AM
Trippel WOW's!!! Ironie in oortreffende trap.  :notworthy: :icon_salut: :book1: