Bak en brou > Klein koekies

Rooi-oog-koekies

(1/2) > >>

PM:
Bestanddele:

6 Koppies koekmeel
2 Koppies suiker
4 Eiers
500 gram margerine of botter
8 Telepels bakpoeier
1 Telepel vanilje ekstrak
Sout ('n knippie of so kwart telepel)

So maak mens:

Klop die botter en suiker tot room.
Breek eiers in en klop deeglik.
Voeg vanilje by.
Sif die droge bestandele by en meng goed.
Rol balletjies en druk plat met vurk.
Plaas 'n kwart kersie in die middel van elke koekie.
Bak by 180 grade C tot ligbruin. 


Meraai vannie Baai:
My moederlief het altyd die 'krismiskoekies' so versier met 'n kwart kersie. Proe nog hoe lekker taai dit gebak het  :icon_biggrin:

Fransi:
Baie interessant. Dit klink heerlik.

Naas:
Die gaan ek probeer bak. Maar ek dink ek gaan olywe bo-op sit. Die soet sout kombinasie behoort lekker af te gaan saam met ingelegte turksvye.


 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Jy sal moet kom wys  :toothy4:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version