Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Wêrelde Weg se plek => Topic started by: PM on July 14, 2012, 04:45:29 PM

Title: WW se gedig
Post by: PM on July 14, 2012, 04:45:29 PM
Soms kry ek goed op plekke waar ek nie eers geweet het plekke is nie, so moenie my vra waar ek dit kry nie, want ek weet nie.  Al wat ek weet is dat hierdie heel besonders is en dit verdien 'n plek in ons boek. 
WW, kom gee 'n titel. 

WW se gedig
In my vierkantige
siersteen grot
kniel ek
welgeluksalig
voor die hoëtrou-god
en onderwerp ek my
baldadig
aan commercialised rock genot.

In my vierkantige
siersteen krot
vomeer ek
opinies gestol
op hammond, de vos en krog
en verstik ek
in wierook en zol,
swart pupille soekend na die nog.

In my vierkantige
siersteen sel
lag ek
onsamehangend
vir die ironie van my troetel hel
en ek werp my
pêrels voor varke verlangend
na monoloog wat skel:
jou kruike bly
leeg.
Title: Re: WW se gedig
Post by: Ah Willa on July 21, 2012, 12:22:57 AM
dis werklik 'n juweel en as ek 'n titel kan voorstel : Vierkant