Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: adele on April 13, 2016, 09:56:33 AM
-
lieflik!! lieflik!! lieflik!!
dis vreeslik mooi en ek kom sê dit hierso sodat daardie blaai net vir jou mooie bundel bly ... wil nie my woorde daar tussenin gooi voordat jy nie al jou foto's klaar opgelaai het nie :love7:
-
Jy is 'n dierbare engel matertjie :love7: Sooo baie dankie vir jou getroue ondersteuning deur die jare. Dit was 'n ongelooflike ervaring toe ons die bundel die eerste keer kon vashou en teen die harte druk :book1: :icon_biggrin:
-
Ken ons nie daai wonderlike gevoel nie.
-
Hier is die skakel:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4007.0
-
Sjoe, ek het gaan loer, baie besonders
-
Dit is werklik pragtig. Ek weet hoeveel werk en tyd daarin opgesluit lê matertjie. Ek weet ook dat die eindproduk 'n hart warm laat klop.
Baie geluk!
-
Guest 10:44:04 AM Printing the topic "Outop en Meraai se digbundel".
Aan die gas wat hierdie bundeltjie nou druk - kom loer gerus in en los 'n woordspoor. Groete vanuit Gatkantland. Meraai en Outop.
:book1: :notworthy: