Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Resepteboek => Soet terte => Topic started by: Naas on October 03, 2011, 11:07:31 AM
-
1 Pakkie Romary Creams (Mint of Chocalate)
1 Blikkie Caramal
500 ml room
1 Boksie Chocolate Instant Poeding
1 verdomde 200g Slab Chocolate (Met of sonder neuter)
Moer die koekies stukkend
Vryf botter tot loperig en gooi by die gemoerde koekies in ‘n gelyk bak.
Room en Poeding geklop tot hulle inkom.
Voeg die Caramel by daai
Meng dit deurmekaar
Gooi dit in bak op die gemoerde botterkoekies
In skoon bakkie smelt bietjie room en choklits
Gooi alles bo-oor die mengsel. Stol in yskas.
As jy klaar is bel 087 928 3910 sodat ek kan kom help eet
:icon_bigsmurf:
-
En in 'n japtrap: ou eet sewe, van nege tot agt (nie een twee drie nie) three nine ten.
Magret verjaar vandag, ek sal haar die resep gee Naas.
As jy gaan saamspeel met die nuwe resepteboekie, dan kan dit net so verskyn, woord vir woord.
-
Oe lekkkkkerte lekkkerte!!!
-
Hahahahahhaha. :book1: :notworthy: :icon_salut:
-
Net seker maak dat dinge reg verloop. My nommer het verander na 060 962 9084.
:icon_bigsmurf:
-
Regtig regtig?
-
Regtig. Hier tert is soooo lekker dat ek dit glad nie mag mis nie. Ek mag dit nie self maak nie want terwyl ek dit maak vrek ek al van die suiker.
Dan sal hulle daar op my grafsteen skryf "daai tert het sy dood veroorsaak"
:icon_bigsmurf:
-
Hahahahahaha. Amper verstaan ek verkeerd :icon_bigsmurf: :headbang:
-
Dis tert en koek wat my lewe vervloek! !!!
:icon_bigsmurf:
-
Nou gee ek helemal op en bulder maar onvroulik voort :toothy4:
-
Skuus. Sien nou die verdomde foon se speltoets het my woorde verdraai.
-
Ag troos jou salig daaraan dat jy nie die enigste een is nie.
Ek wonder of dit sal help as 'n mens die Afrikaanse speltoets saam aflaai.
-
Ek voel partykeer ek kan die blessit foon weggooi.
:icon_bigsmurf:
-
My rekenaar "neukenaar" neuk met dieselfde ding.
Skuus Trappies!