Voorstelle en klagtes > Waar is jy?

En hier is ek alweer

<< < (2/3) > >>

Naas:
Welkom Noordliggie. Ek is so bly om weer jou stem te hoor. Gesien die waters daar by die see was soms vir jou en familie bietjie diep maar gelukkig kan julle goed swem.
Ek is BAIE bly jy is weer met ons.



 :icon_bigsmurf:

Anastasia:
Ai, wat 'n mooi welkom woord.  "Noorderliggie'  (pink 'n traantjie weg)  Ek het 'n wilsbesluit gemaak om weer my kreatiewe tassie uit te pak.  Soms verloor jy iets en dan weet jy dat jy tussen sielsvriende moet wees.  Wat jou gegriffel en gewroeg kan verstaan.

PM:
Ek mis jou eertydse avatar, met die "tannie en haar slippers".  Was daar nie "curlers" in haar hare nie?  Maak nie saak nie, ek is ook baie bly jy is weer met ons.

Anastasia:
Jong, PM, ek het deur stadiums mos maar gegaan.  Eers die noorderliggie en later die ou tan Stienie.  Vir nou is ek eers hier met die 'ek is genoeg' embleempie.  Mens travel soms eers 'n lang pad om dit te besef.  By daardie essensie uit te kom. 

PM:
Dit maak nie saak hoe jou avatartjie lyk nie, ek is net bly jy is terug.  Ons het jou baie gemis.   :hello2:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version