Author Topic: Stilte  (Read 10020 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Stilte
« on: April 30, 2012, 07:19:59 PM »
Stilte is net 'n ander manier om niks te sê nie.
Wanneer Naas stil raak het hy niks te sê nie. Dit gebeur soms.
Maar hy lees nog.
Op skool het die Afrikaanse juffrou my hard geslaan as ek uit my beurt gepraat het. Die Afrikaanse forum se laaste plasings klink soos daai juffrou se skoolwerk. Naas is dus stil.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Stilte
« Reply #1 on: April 30, 2012, 11:36:06 PM »
:dontknow: :crybaby2: Ekke eer jou stilte in die klaskamer Naas en jammer vir my bydrae tot jou stilswye  :icon_bigsmurf:
« Last Edit: May 01, 2012, 12:48:18 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Stilte
« Reply #2 on: May 02, 2012, 07:01:53 AM »
Ek klop saggggies aan die deur, koppie koffie vir iemand?  :love7: :coffee2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stilte
« Reply #3 on: May 02, 2012, 07:05:04 AM »
Naas, jy moet  nie die laaste plasings persoonlik opneem nie.  :icon_biggrin:
Dit is maar net 'n poging om mooi te vra dat almal help om dit "persgereed" te kry, met mooi voorbeelde daarby.  Dit het ook gehelp om ure van verveeldheid om te kry.  
Ek mis ook die saamkuier om die kers en die inkpot geweldig baie.  As almal saam speel met die aa-bie-sie dan sien ek die prentjie van "almal-koppe-bymekaar" of "kop-in-een-mus".  
Ek glo opreg dat as elkeen van julle besef dat julle deelname vir my 'n lewenslyn is, sal julle my nie alleen laat sit en kripeer van eensaamheid nie.   :crybaby2:
Natuurlik verstaan ek dat almal werk of besig is.  Almal van ons kry nou en dan ook (stilletjies)
"stilstuipe" maar kry asseblief 'n botteltjie van daai pienk pilletjies. Mens koop dit by enige "Checkers" net om die hoek en dit is "cheap".   :angel7:

JA!!  Vir my asseblief Raaitjie.  Hier is nog 'n paar koekies van gister se verjaarsdag!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Stilte
« Reply #4 on: May 02, 2012, 07:08:11 AM »
Ek het gemaak, mooi op skinkbord vasgemaak en nou trek ek die besempie se pienk strik reg. Ons vlieg bosse toe vir so heen en weertjie.  :bootyshake: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stilte
« Reply #5 on: May 02, 2012, 07:14:10 AM »
Ai man, dit sal wonderlik wees.  Ek pluk solank "wille rose" en strooi dit daar waar jy 'n veilige landing kan maak.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Stilte
« Reply #6 on: May 03, 2012, 01:42:59 AM »
Naas - wie raas so dat jy skoon toebek is ... ek het dit gemis, want ek was so kwaai - ek kon met myself nie huis hou nie ... dis glo vrolike vroulike hormone  :wav:
het groot dele vir myself probeer weg hardloop (dan sit ek nie by die huis voor 'n rekenaar nie ha ha ) so min by kuier en skryf uitgekom ....

ek sal net-nou gaan loer of ek kan sien wat jou in stilte laat styf trek het ... maar ek glo Meraai en PM se koffie en koeksiters het darem al die styftrekkings laat oorstroom in woorde :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Stilte
« Reply #7 on: May 03, 2012, 06:05:27 AM »
goeie more almal,
ek is weer 'n rukkie terug na my stilte, maar weet julle wat is die ergste na so 'n gedwonge stilte waar ek op 'n wegloopkuier die vlaktes in gaan?

om in te haal op leeswerk...teen die tyd wat ek alles oral deurgelees het en groete gestuur het aan al my internetvriende, is my toegang amper alweer klaar. my kids in Bloemfontein kry ba-a-aie megs dmv I-burst en ADSL se pakkette gee glo onbeperkte ure se internettoegang, maar hier oppi platteland....is ons aangewese op vodacom/mtn se stokkies, duur, maar darem beter as niks.
in elk geval, geniet 'n kosbare dag    :love7:   
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Stilte
« Reply #8 on: May 03, 2012, 06:15:43 AM »
Wonderlike dag ook vir jou matertjie. Sooooo lekker om jou weer raak te lees!!  :love7: :notworthy:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Stilte
« Reply #9 on: May 03, 2012, 06:26:14 AM »
Adele het jy al na 8-ta se opsies gekyk - nie sleg nie en baie goedkoper as die phonetjies se netwerke ...

waar op die platteland is jy nou - ek had getog jy woon in die RoseStad 
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Stilte
« Reply #10 on: May 03, 2012, 06:54:44 AM »
hi Willa, jip ek het gaan kyk na 8-ta, maar dit gee nog nie sein hier oppi platteland nie. ek is tussen Winburg en Ventersburg langs Allemanskraaldam en het ook net 'n lyn van die kantoor se skakelbord na my huis, nie 'n eie telkomfoon nie.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stilte
« Reply #11 on: May 03, 2012, 11:39:45 AM »
8-ta is mos telkom dan nie?
Ek het 8-ta by die huis, dit kos R200.00 per maand vir 10 gig en ek kan gladnie kla nie. 

Hier in Bosswanna is dit 'n nagmerrie, maar ek stem saam met jou Adéle, iets is beter as niks. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Stilte
« Reply #12 on: May 03, 2012, 01:35:07 PM »
wat sou ek nie wil gee vir daai 10 gig nie, dis wat I-burst ook kos, maar nou ja, vir die voorreg om te platteland, moet ek seker iets prysgee....    :toothy4:   ek het iets van Skymax gehoor, maar kry nerens 'n nr om hulle te kontak nie.

 :grommit:   
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Stilte
« Reply #13 on: May 03, 2012, 02:59:36 PM »
Ken nie van Skymax nie - maar 8-ta behoort daar by jou beskikbaar te wees - daar is telekom lyne ... 8-ta is telkom verseker ... :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Stilte
« Reply #14 on: May 03, 2012, 03:30:23 PM »
as dit maar so maklik was het ek dit la-a-ankal gehad, dis waar. maar die kruks is juis daardie telkomlyne...ek bly in die wildtuin se woonarea en het net 'n uitbreidinglyn na my huis toe, geen direkte telkomlyn nie. dit is ook helemal te duur om lyne soontoe aan te le'

en dan is dit 'n bekende feit in hierdie omgewing dat sommige plase al meer as twee jaar sonder telkomdienste gelaat is nadat die drade en kabels gesteel is. dit word net nie meer vervang nie. die omgewing in die dorp waar Eben bly, se kabels is verlede week eers, na twee maande vervang en telkom het hulle almal ingelig dat, as die kabels weer gesteel word, hulle maar sonder telkom moet klaarkom, dit kos te duur om te vervang. maar intussen moet die inwoners hulle maandelikse kontrakte betaal. so was Eben nou twee maande sonder telkomfoon en internet

ek het skymax opgespoor, maar hulle werk ook deur ADSL    :crybaby2:   

 :grommit: 
adéle  :grommit: