Die kuierstoep > Bekgeveg

Keffer

(1/6) > >>

Naas:
Die buurman het 'n klein hondjie. Nee, nie 'n jong hondjie nie maar 'n ou klein klein hondjie. Die dingetjie is bang vir sy eie skaduwees.
Klein hondjies blaf nie. Hulle kef.
Kef! Kef! Kef! Kef! Kef!
En daarom noem ons hulle Keffers (met 'n e)
Keffers is irreterende klein bliksempies 2 uur in die oggend wanneer mens moet slaap.
Klein mensies wat aanhoudend kaf praat mag jy niks noem nie anders land jy in die tronk of sonder werk.



 :icon_bigsmurf:

Anastasia:
Ha ha, Naas.  Herinner my aan my man wat in grooooot moeilikheid gekom het:  omdat hy in 'n gemengde Afr/Eng klas in Geografie van 'verskaffers' gepraat het by primêre en sekondêre nywerhede.  Dit het kort duskant die hof gedraai.  En dit is die reine waarheid.  Die oorsensitiwiteit daarvan darem!

Meraai vannie Baai:
Dit maak my siek, naar, gatvol om so op eiers te moet dans met woorde maar ek wil ook nie gedeporteer word vir rassiekmisse nie.

Naas:
rassiekmisse  :hello2: :love7: :hello2:
Ek is heilig oortuig daarvan dat die woord rassis besig is om dieselfde tipe vloekwoord as die K-woord te word.
Jy is of 'n K-woord of 'n Rassis afhangende van hou lank jy in die oond was.




 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Iewers het ek my griewe verwoord oor presies hoe moeg ek is vir die woord rassis. Dit is pure mensmis Naas, vandaar die ras-siek-mis(se)

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version