Voorstelle en klagtes > Waar is jy?

Maters, waar IS julle?

<< < (2/2)

adele:
Ek verstaan so klein bietjie van jou seer oor wat was, jou moedeloosheid wat tans soos 'n mantel om jou hang en jou angs oor more ... elkeen ervaar kanker en behandeling en remissie en verlore stryd anders as die een agter of voor jou. Elkeen klou vas aan iets anders vir troos ...vir my is geloof in God alles, ek loof en prys die Here met die woorde ".... nogtans sal ek God loof en prys"
Maar ja, te midde daarvan het ook ook baie trane gestort, voor, tydens en na die Weggaan van my geliefdes. En vandag? Soms gebeur iets, 'n stukkie musiek, aanhoor van 'n geselsie van onbekendes in 'n winkel, 'n opskrif in 'n tydskrif, dan loop my trane maklik.
Ek wil nie graag ander se gevoelens openlik deel nie, hulle seer (en soms afsku oor K) lê te diep, maar een ander troos is, ons is nie alleen in die ondervindinge van kanker nie. En ander siektes? Sommige is erger, ander minder, maar dieselfde angs, moedeloosheid en seer hang in en oor baie geliefdes en naastes in Christus en buite ons kringe.
Sterkte lief maat, altyd is ons maar net 'n paar woordjies of oproep ver.

Anton Louw:
Hallo Meraai  :icon_salut:

Naas:
Ek gee eers op.
Ek en Assie baklei nou al onder mekaar van eensaamheid hier op die forum.
Gaan eers 'n breek vat tot volgende Maandag.
Die gaste praat nie terug nie en lees dieselfde onderwerpe oor en oor.

 :icon_bigsmurf:

Antjie Patat:
Hallo julle

Gaan ook effens dol hier.
Ek kom binnekort weer koffie drink op elke voorstoep.

Meraai vannie Baai:
Naas, Assie en Antjie julle is 'n vars briesie vir my diekant van die aardbol. Adele, jou geloof hou my op die regte pad! Ek het een troos, ons gaste lees nog en dit dui daarop dat hulle nog soek na ietsies in Afrikaans. Of dit nou ter inligting is oor 'n skeet, 'n grap, digstrukture of deeltekens is, ek was nog nooit hier dat dit net ek was nie. 'n Mens raak moeg om met jouself te gesels verseker. Gelukkig was daar nog altyd spokies en skaduwees in die agtergrond as ek kom loer. 'n Baie spesiale woord van dank van my kant af vir elkeen. Kyk die verskillende onderwerpe wat hulle vandag by inloer:

Meraai vannie Baai   10:52:50 PM   Viewing the board index of Die Afrikaanse Forum.
Guest   10:52:40 PM   Viewing the topic ons troue- met verjaarsdae, huweliksherdenking, kuiers ens.
Guest   10:52:37 PM   Viewing the board Woordbou .
Guest   10:52:30 PM   Viewing the topic Die sopdieët.
Guest   10:52:05 PM   Viewing the board index of Die Afrikaanse Forum.
Guest   10:51:50 PM   Viewing the topic Boerneef - 1959.
Guest   10:51:20 PM   Viewing the board Spelling.
Guest   10:48:09 PM   Viewing the board Die Gorrel plek.
Guest   10:48:03 PM   Viewing the topic Blokkieland en die draak.
Guest   10:47:51 PM   Logging into the forum.
Guest   10:46:47 PM   Viewing the topic Net drie dae oud toe haar ogies vir laas gesluit het!.
Guest   10:46:17 PM   Viewing the topic Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie.
Guest   10:45:23 PM   Viewing the board index of Die Afrikaanse Forum.
Guest   10:44:54 PM   Viewing the topic Politieke humor uit Ausie.
Guest   10:44:28 PM   Viewing the board Souse.
Guest   10:44:20 PM   Viewing the board Elizabeth se plek.
Guest   10:44:12 PM   Viewing the board Hoendergeregte.
Guest   10:43:32 PM   Viewing the board index of Die Afrikaanse Forum.
Guest   10:41:07 PM   Viewing the board Die Hoof se kantoor.
Guest   10:40:51 PM   Viewing the topic Om te weet: Seëning of vloek?.
Guest   10:40:08 PM   Viewing the topic My liefde vir Afrikaans.
Guest   10:39:49 PM   Viewing the topic ?????.
Guest   10:39:12 PM   Viewing the topic hier wou ek net agterbly.

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Go to full version