Author Topic: Lampoon in Afrikaans  (Read 19138 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Lampoon in Afrikaans
« on: January 23, 2012, 01:59:43 AM »
Lampoon: Geskrewe woorde/skets waarin die spot openlik en kras gedryf word. Hier is my twee voorbeelde 

ZumA: Die einde of begin?

Vir sommiges
is hy slegs
die baboon
in 'n lampoon

~~~~~~~~

Lampoonse Grafskrif:

Jou warm asem in my nek
en natsoene wat orig kleef;
jy't die hele buurt ophol gehad!
Einde ten laaste gevrek -
hier rus 'n goeie teef!

*Vir my vroulief: jammer oor die oop hek.
« Last Edit: March 27, 2013, 12:40:12 PM by PM »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #1 on: January 23, 2012, 08:51:36 AM »
Hoop die ouens verstaan die laaste een as grafskrif vir 'n brakkie  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #2 on: January 23, 2012, 08:56:35 AM »
Hê-hê, dit is nogal baie dubbelsinnig nê!  :icon_biggrin:

Naas se gedig van Zuma sal ook pragtig hier inpas. Dalk kan hy iets skryf oor die 10 miljoen rand wat meneer so pas gebruik het om te gaan "kuier".  'n Boeing en twee stralers!  :dontknow:

Iets soos

Tien miljoen
"what ye doing?"
twee stralers en
'n Boeing?
« Last Edit: January 23, 2012, 08:58:39 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #3 on: January 23, 2012, 08:59:39 AM »
Dit is KOSTELIK mater  :book1: :hello2:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #4 on: January 23, 2012, 12:35:05 PM »
Hy vat die staat's miljoena
sit 'n twee rand by.
Toe sê die boeing: "Zuma"
en weg vlieg hy.

Hy land toe an der kant
met 'n gesig wat straaler
en agter in sy land
is die mense net nog kaler.


 :icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #5 on: January 23, 2012, 02:16:51 PM »
Mooi Naas!  :hello2: Dit is werklik "openlik" en "kras".  (Nie die gedig nie, maar die aksie!)

Zuma en Malema sing saam:
Ons is groot menere
voels van eenderste vere
die trane die rol oor jou Bokkie
hier waar ons yskoud staan
daar waar die son en die maan
vir so baie onderdergaan!

Dit hoort eintlik onder "Die Tragiekdigstruktuur"
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #6 on: January 24, 2012, 12:56:49 AM »
Staande applous julle twee :hello2: :notworthy: :icon_salut: PM ek LIEF "Die Tragiekdigstruktuur"

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #7 on: January 24, 2012, 05:48:14 AM »
Dan moet ons daaraan werk.  :icon_biggrin:

Ek hou nie van politiek nie, dit is vuilpraatjies.
« Last Edit: January 24, 2012, 05:49:45 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #8 on: January 25, 2012, 12:14:36 AM »
007 gaan skaai toe vanoggend onse Trappies se lyntjies en gom dit weer vas in 'n lampoon (want toe klink dit vir my hulle is ook maar half en half soos 'n baboon daar by jou werk Trappies).
Die Engelse struktuur leen hom volmaak aan galbraak in Afrikaans :icon_bigsmurf: :hello2:

EISH!

"Oulike" ouditeure hier by die werk .
Vrek, elke keer as hulle hier is dan dink ek
sjoe, hulle is nie baie "bright" nie;
wil eskom nie hulle liggies aanskakel nie?  

© Trapsuutjie

 :toothy4: Terwyl ons stomklets vertel ek 'n mater van die oulike gedigte wat hier onstaan het en hy antwoord so ewe bekkig:

Ek is natuurlik ook nie bright nie,
myse tjing is op -
die ek sit sonner ligte enne dop.

EISH!

© Joe Mulder (met toestemming is jou bekkigheid nou verewig in versvorm neefgoed  :notworthy:)
« Last Edit: January 25, 2012, 04:03:59 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #9 on: January 25, 2012, 10:43:32 AM »
Raaitjie, elke keer as jy dit doen, besef ek hoe waardevol jy vir ons is.   :notworthy:
Ons almal lief jou matertjie. :love7:

 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #10 on: January 25, 2012, 10:55:00 AM »
Hang aan PM, ek gaan gou my pienkhoedjie opsit en die lippe rooimaak  :icon_bigsmurf: :notworthy: :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #11 on: January 25, 2012, 02:11:04 PM »
 :icon_biggrin: Kom maar net soos jy is, ons wil niks anders hê nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #12 on: February 25, 2013, 05:32:07 AM »
PM, weet jy ek kan nou om die dood nie onthou of ons die tragiekdigstruktuur bespreek het vir boek 2 nie? Die deel van ons geskiedenis verdien mos 'n tong in die kies dokumentering deur die forumliete  :`ip2:
« Last Edit: February 25, 2013, 05:34:00 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #13 on: February 25, 2013, 07:24:48 AM »
O wee die jong kadre Malema,
deesdae drink hy heelwat Grandpas,
die probleem is jy sien,
hy 't sy sterre gesien,
sonder spieel met President Zuma!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #14 on: February 25, 2013, 07:37:36 AM »
Dankie baie baie!! Sien jy het die erf opgespoor en jou woordspore gelaat :hello2:

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #15 on: February 25, 2013, 07:56:42 AM »
So leer die suigeling...

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #16 on: February 25, 2013, 08:02:00 AM »
Die wonder van saamspeel in die ABC sandput bly 'n ewigdurende leerskool! Niemand is meesters nie, ons is almal jong 'sponsies' wat gretig opsuig vanuit die bronne wat ons naderlok.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #17 on: February 25, 2013, 11:28:14 AM »
Raaitjie, jy het carte blanche sustertjie, laat ons woel daar by die "skep plek".

Dankie vir die saamspeel Marius.  Bring nog asseblief. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #18 on: February 25, 2013, 11:08:01 PM »
Sal gaan loer wat ons het en wat ons kan byvoeg, hoeveel strukture wil jy in boek 2 gebruik PM?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #19 on: February 26, 2013, 12:40:16 PM »
Ek dink ons kan so 50 bladsye afstaan vir die gedigstrukture.  Daar is 'n paar wat heelwat plek gaan opneem.  Ek wil graag altwee jou sestinas gebruik, daar is net te veel kopkrap in om een uit te laat.  Dalk is hier nog iemand wat wil kopkrap en saamspeel. 
As ek dit nie mis het nie is die grafskriffies ook nog hier in die konstruksiewerf.  Dit moet ook in.
Ek sal gaan loer by die heel eerste weergawe van boek 1 wat daarin was wat uitgelaat is, maar dalk weet jy. 
As ons nog plek nodig het glimlag ek net vriendelik vir die baas.  Jy weet mos!   :icon_biggrin:  Hierdie keer lyk dit ook vir my asof baie van die skrywers in boek 1 nie gaan deelneem aan boek twee nie.  "Tyd sal leer."
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #20 on: March 27, 2013, 01:37:48 PM »
Lampoon:
Geskrewe woorde/skets waarin die spot openlik en kras gedryf word.
Almal wat hier deelgeneem het se werk is in die boek.  Ek wag vir nog 'n paar, daar is nog plek.  Kom ouens, hoekom moet ek so soebat. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #21 on: April 02, 2013, 08:02:37 AM »
PM hoe lyk die struktuur? Ek wil graag meer pos maar weet nie genoeg daarvan nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #22 on: April 02, 2013, 08:18:19 AM »
Al die gedigstrukture is by die "Digformules of -strukture" 
 http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?board=10.0
Jy kan ook in die konstruksiewerf gaan snuffel. 

Lekker om jou weer te sien matertjie.  Welkom.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #23 on: April 02, 2013, 08:39:41 AM »
Die uitlegging is bietjie vaag in terme van fisiese struktuur, kan ek bv. 'n liriek, senryu of gedig hieronder plaas?
« Last Edit: April 02, 2013, 09:14:30 AM by Marius »

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #24 on: April 02, 2013, 09:26:52 AM »
iets soos die?

Eulogy for a killer.

What's in a number? What's in a name?
The bomb rips asunder.The bomb knows no name,
but there were 78 of them weren't there Mr. Mandela?

Copyright Marius Buys 2013
« Last Edit: April 03, 2013, 05:36:37 AM by Marius »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #25 on: April 02, 2013, 12:22:59 PM »
Dit is goed geskryf Marius en voldoen aan die vereiste.  Jy moet asseblief help waar jy sien dat inligting vaag is.  Ons sal dit waardeer. 

Sover ek kan verstaan:  satire waar die skrywer van enige vorm gebruik kan maak.

Ek het hierdie op die internet opgetel en oorgetrek:

Satire, commonly defined as a literary, performed, or constructed work that holds common human follies and vices up to the light for the reader or observer to ridicule and scorn, holds a prominent place in the art of constructing prose. Some writers see the role of satire in poetry as two intertwined intellectual processes that sometimes lead to the intense expression of subconsciously repressed feelings. The first release is often seen as mania, or in other words, having a “good laugh” while reading or hearing about the village drunk, for example. Then, the second release is that of scorn, which is present when the audience laughs and belittles the village drunk himself, either in the reader’s mind or out loud during a stage play. Derwent Hope, a modern and well-renowned poet from Australia, reiterates the role of satire in poetry by discussing its use as a fiercely intellectual and morally enthusiastic tool that lends itself to highly effective creative writing.

Hier is nog 'n skakel:

http://www.poetrymagnumopus.com/index.php?showtopic=1853

Jou vorige een is reeds in die boek. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #26 on: April 02, 2013, 04:39:21 PM »
In daardie geval stel ek my limerieke voor, tensy u van hulle erens anders wil gebruik:

O hoe koud is die windjie en skraal.
As die donker ou man haar kom haal.
O my gonnatjie Griet!
Dis ook g'n wonder Piet!
Die flerrie is dan half blerrie kaal!

Ken jy die ou met Lisdeksia?
b’s en p’s ruil het hom min gepla.
Maar sy juf het ontplof.
Sy opstel was te rof.
Oor daai volk van Boesmanlandia!

O so dun is die beursie en kaal.
As die staatsman sy pond vleis kom haal.
Dit was destyds so.
Nog steeds, kan jy glo.
Is wet van Transvaal - Taks en betaal!

Hie ha hie ha - resessie vleisbraai.
Wat ons eet sou net Sangoma kon raai,
want wat ons nie sien,
en wat gasheer bedien,
is lekker donkie-tjoppie en slaai!

Joe! Daai liewe minister Lulu.
Sy maak die Calvyne koe-koe.
Nou soek hulle haar kop.
Haar job het geflop.
Haar mond kort ‘n was oor daai boe-boe!

Ken jy die padvalk van Benoni
Moet tog nie met hom stry of moun nie
Glip 'n noot in jou boek
Dis net waar hy hom soek
Hy sal jou nooit lank besig hou nie!

Klieketie kliek ons krag het ‘n triek
Ons koop dit deesdae gin meer op tiek
Want dan sien jy daai bill
Gee jou sterre 'n gil
En los onderbroekmerke van briek!

O daai stoute vroutjie van Noorweë,
haar man stook ‘n trein vir die spoorweë,
en hoor sy die toet,
weet haar skelm goed,
laat waai want dis nou tyd vir oorgee!

Ken jy die fyn knapies van Kaapstad,
wat loer in toilette en kansvat?
Oppas my ou pel
as ‘n “fun guy” jou bel
jou nommer’s op ‘n deur by die swembad!

Daar was eers 'n inry in Nigel,
waar ouens gaan fliek met Kay Whygel,
maar hy's deesdae toe,
want vry's mos taboe -
nou drink hulle bier by die hotel!

Daar bly stoute vroutjies in Brakpan,
wat outjies gaan vry by die dorpdam,
word hul gevang,
skree hulle bang:
"konstabel se tog net niks vir my man man!"

There was a goldminers daughter from Springs
who liked hanging off poles and things,
said she to her bud,
o dammit crud!
I keep tearing my frilly new G-strings!

Hy uit die tjoekie, ons kop in die war,
cop gefire, die hofsaak ‘n nar,
Kom daar dalk ‘n movie,
oor die mister groovy?
Is hy genomineer vir ‘n Oscar?

O Fanie Fourie se lobola!
Boere kan sy fliek mos nie verdra.
As hy sy cheri soen,
wil hul hom iets aandoen.
Oor hy húlle bloeddruk so opja!

Ken jy vir Pietie Pornografie?
Hy beloer sy betaal bouquet'tjie.
Haar disse het sjoewarm spys!
as sy haar erm kookkunsies wys,
met drie kaal kokke op die TV!

‘n Ou had huurders wat nie wou trek.
Die Hof sê hom sy saak's gladnie sterk.
Hul sit gratis en squat,
maar gee toe gou-gou pad.
Nigerians het sake gewerk.

Ai, Bafana-Bafana ou maat!
Die spelers maak die afrigter kwaad.
Hy kan maar vloek en skel,
hul luister not de hel,
met hulle moet mens mos twee keer praat!

Ken jy ons liewe Oom ANC?
Hy wil hê jy moet geld vir SARS gee.
Gou-gou pak hy sy tas,
voor sy gravy-trein verpas.
In eerste klas dut hy dan tevree.

Ken jy die Kaap? Dit was mos eens Hollands daar
waar Bobejane nou op kranse baljaar.
Ons hoor mos Adoons se stem
waarmee hy Bataafs kondem,
'n Aprilgekgrap al vir so twintig jaar!

Ken jy vir ou De Klerk Belowe?
Hy het in gelykheid gelowe,
maar al wat ons nou sien,
is die swart blik-kantien,
en wit poepolle vol rowe.

Ken jy vir Mavis wat kom regpak.
Sy maak huis skoon en eet jou platsak.
Maar wragtag, die laaste strooi,
is hoeveel die girl kan zooi,
en wegdra in haar groot ou handsak!
 
Ken jy die kragverskaffer ESKOM?
Hy skryf sy kontrakte so dom-dom.
Hy jaag strooi aan op grootskaal.
Hy stroop Jan Publiek skoon kaal
en wil met ons hoes poep en betaal
wegkom!

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #27 on: April 02, 2013, 04:40:47 PM »
Afgetree - tweede klas

‘n Verslete roomyskombi
met sy drietoon luidspreker-liedjie
Doo-dah dey by my verby:
De Camptown ladies sing dis song
Doo-dah doo-dah
De Camp-town race-track five miles long
Oh doo-dah day
I come down dah wid my hat caved in
Doo-dah doo-dah
I go back home wid a pocket full of tin
Oh doo-dah day
Binne sit Oupa Gert en San
So ja so ja
met swaarkry se gesigte aan
O so waar ja
hul verkoop roomys en sukkel aan
So ja so ja
met ‘n ander land se rebellie sang
O sowaar ja

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #28 on: April 02, 2013, 04:41:30 PM »
Star Wars RSA
(senryu neo)

Lank lank gelede
In ‘n sterrestelsel vêr,
apartheidsoorlog

Darth Vader dra swart
voel die mag van dwang se krag,
Verwoerd is Jedi

Lukas wat’s fout niks
die Death Star is al halfklaar,
Hippie Wookies huil

Die mag is met ons
maar Mandela is ‘n Sith,
LLB rebel

Die senaat stem ja
ons planeet se wentel ruil,
boerlasers op stun

Loods X-vlerk vegters
‘n versteuring in die mag,
nag op Ventersdorp

Lukas ek’s jou pa
nee Here net nie dit nie!
Ligsabers “en garde!”

voel voel voel voel voel
die mag van die donker kant,
Joda waar is jy?

*Dankie Marius. Hierdie gedig van jou pronk nou hier:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2748.msg18289#msg18289
« Last Edit: April 04, 2013, 11:38:02 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #29 on: April 02, 2013, 04:42:05 PM »
Zolkop
(op die wysie van Big Spender)

Die oomblik toe ek jou oë sien
toe weet ek sommer jy’s ‘n daggaroker,
‘n regte zolkop,
rooi ogies, hare lank
en wat ek nie verstaan nie
is hoe die girls oor jou tjank.
So kom ek tune jou sommer nou,
ek weet nie wat is jou mission nie my bra.
Hei, zol-roker, rook
tog maar ‘n zol vir my, my, my, my- my

Jy sien ek’s sopas uit rehab,
ek was ook voorheen ‘n zolkop net soos jy,
‘n aaptwak stoker.
My poison: Kaapse bong,
ek kan nie meer onthou nie
ek het gerook soos ‘n klong.
Hei kom ek sê jou straight my bru,
my vrou moer my as sy weet ek praat met jou.
Hei, zol-roker, rol
tog maar ‘n zol vir my, hei, hei, hei-hei!

*Hierdie plasing van jou is ook nou uitgestal in die woordskuur op die lirieke rak, Marius.
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2357.msg18292#msg18292
« Last Edit: April 04, 2013, 11:47:29 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #30 on: April 02, 2013, 04:45:01 PM »
Mooiloop Oom Eugene

Mooiloop Oom Eugene
al het ek jou nooit geken nie
het jy ten minste vir my baklei
toe ander ons verraai,
ons oorval met donker
vrede so verradderlik
gesmokkel het met my brein.
En dit lyk vir my jou lewe was
vir ons landsvlag in die wind,
vroeg gestryk sonder vrede vind,
deur uitverkoop bewind.
En ek sou jou beter wou leer ken,
maar ek was net 'n kind,
en lankal was jou vlag gestryk,
tog leef jou legende voort.
Uitgelate aan die reg
moes jy vir eie volk veg,
'n selfbeskikking superster,
deur menigte gehaat,
selfs na jou verlaat,
is wat die pers sê al:
" 'n Ruiter het geval"
Mooibly Oom Eugene
van ons manne op die grens,
wat jou spore nou beter sien
na die land se val.

*Dankie Marius. Hierdie gedig van jou pronk ook nou hier:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2748.msg18289#msg18289
« Last Edit: April 04, 2013, 11:37:40 PM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #31 on: April 02, 2013, 10:55:49 PM »
Ek sien Marius het gevra wat is die riglyne vir 'n lampoon. Ek gaan die volgende inligting net so plaas aangesien dit 'n baie duidelike uiteensetting het van die moderne weergawe van hierdie struktuur.

•Lampoon is modern day *Invective Verse. The modern poem can target anyone, not just politician or public figures and the frame of the poem is at the poet's discretion. (quatrains are still popular)

*Invective Verse is a genre of poetry that has its roots in ancient Greece but blossomed in ancient Rome. This genre includes denunciatory or abusive language attacking political and public figures with a slightly satirical tone. Although most were written "anonymously", Catullus, Cicero, and Juvenal seemed to have no problem taking credit for their dabbling in the dark side. These were usually written in the form of epigrams.

Invective Verse is:

1.caustic, derogatory and slightly satirical.

2.written to denigrate public figures, politicians.

3.usually written in Epigrams, short narrative quatrains, usually only 1, no more than two.

4.composed with rhyme and meter at the poet's discretion.

I found this quote and poem at Kaleidoscope.com, which is the best resource that I have come across online for the study of the history of poetry. "One of Catullus's fiercer examples, expunged from most post-classical collections of his work until the 20th century, is his poem 16, written against two critics:"

"Cicero's In Pisonem, a hyperbolic attack on Lucius Calpurnius Piso Caesoninus, is one of the best-known political examples."

Pedicabo ego vos et irrumabo,
Aureli pathice et cinaede Furi
qui me ex versiculis meis putastis,
quod sunt molliculi, parum podicum. . .

I'll bugger you and make you suck it,
Aurelius the submissive and Furius the sodomite
Who conclude, based on my verse,
Which is voluptuous, that I am too little chaste. . .

Bron: http://www.poetrymagnumopus.com/index.php?showtopic=1853

Ek kon geen ander inligting opspoor oor hierdie struktuur in Afrikaans nie. Dus, soos met baie ander is ons afhanklik van beskikbare bronne in Engels vir riglyne. Basies is die Lampoon dus 'n kort spottende vers (maksimum twee verse) teenoor politieke situasies/persone/omstandighede. Die rympatroon is oorgelaat aan die skrywer en opsioneel.

Marius, jou limeriekvoorbeelde as lampoons, voldoen aan die riglyne. Daar is verskeie kortstrukture wat ook gepas sal wees indien 'draaksteek' toegepas word binne die raamwerk.

Die langer gedigte van jou (Mooiloop Oom Eugene en Star Wars RSA) sou ek graag as voorbeelde vir ons Tragiekdigstruktuur (PM se benaming) wil gebruik. Zolkop is 'n pragtige aanvulling by Lirieke.

 :icon_salut: :notworthy:


« Last Edit: April 02, 2013, 11:39:00 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #32 on: April 03, 2013, 05:34:00 AM »
Iek sê ma net

Iek iss affie Kap menier,
waa dênk djyt iek darrie prât gelier?
Djulle whaities wat soe lag virrie die klank va mei,
ka hie annerrghkant Maamesbughrrei oek ma alte lekke bghrrei!
En wat va djy mê djou Preetoorieaanse taaal -
en elke woerd met sy prêgnint vookaal?
... en djulle sê ons prat snaaks?

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #33 on: April 03, 2013, 05:38:36 AM »
Lenin se partytjie

Olver speel met FW, FW speel met ons,
Nelson speel met klappertjies en laat ons hartjies bons.
Thabo speel met AA en steel broodjies by ons,
Julius speel met woordjies en laat die oues frons.

Ansie het 'n rooi een, Azanie 'sn is groen,
almal het 'n vlieër, behalwe Jan Pampoen.
Sy traantjies huil 'n reënboog, mamma wat moet hy doen?
Die tuintjie is vol duiweltjies, sy voete sonder skoen.

Fluit-Fluit hang sy vlieër daar aan die boom met die wit stam.
Wolf-wolf speel hy nou in die tuin as die wit lam. . .

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #34 on: April 03, 2013, 07:47:54 AM »
Baie dankie Marius, hierdie laaste gedig van jou spreek boekdele. 

Dankie vir die inligting Raaitjie, ek waardeer maatjie.   :icon_biggrin:  (I am a poet and I don't know it.)
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #35 on: April 04, 2013, 04:26:44 PM »
Ex Unitate Vires se moer
(nota van ‘n dooie soldaat)

Transformasie tamheid het in die Kongo genies
en vanuit die snotklap-verkoue ‘n felle verlies
Sewe-en-twintig gewond en dertien dood
en dit alles vir ‘n Chancellor house brood
hei da S-A-Wa
wat’s jou verskuilde agenda
wat de fok maak ons manne daar
tuis is ons grense deurlaatbaar
was dit admin of wanbestuur
of obevoegd bevorderde topstruktuur
was ons dissipline vol moed en eer
of was ons deur laaities met AK’s gedemoraliseer
is die weermag nou van so ‘n geburokratiseerde aard
dat leier loyaliteit ons troepe begin rondneuk en skaad
en hoe was die burger/militere verhouding
wat was die kern van die teekoppie-oorlog verbrouding
die base het mos ‘n agtegrond van rewolusie
nou hoe kla troepe dan oor te min ammunisie
het ons Reenboogland huursoldate
wat beskerm aan ANC se bankrekening state
het Zuma die eties morele toets geslaag
of Jakkalsdraai hy met sy antwoorde vaag
en roep die parlement die regering tot orde
of moet Jan Publiek hom in die media omgorde
moet ons sharrap want dis “none of our business”
moet ons maar vreet en aanvaar al belieg hulle ons disnis
is Suid Afrika ‘n leiding gedrewe land
of moet bly ons voortmarsjeer na lyding as voorland
gaan haal maar die manne van Marikana en Sharpville
hulle weet mos hoe skiet jy sewe soorte kak uit ‘n duiwel
en moenie worrie oor wet en gesigte verleë
die ANC se sjangomas sal dit mat ondervee.

*Dankie Marius. Hierdie gedig van jou pronk nou hier:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2748.msg18289#msg18289
« Last Edit: April 04, 2013, 11:37:05 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #36 on: April 30, 2013, 08:57:48 PM »
(Limeriek)

Daar het eens 'n girl saam my gewoon.
Sy was 'n mislike oggendpersoon.
Ons het getrou vir die seks.
Toe word sy later my eks.
Sy's tóé nie eers meer 'n middagpersoon!

Kopiereg Marius Buys 2013

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #37 on: May 01, 2013, 09:58:38 AM »
Dankie vir die bydrae Marius.  Ek wag nog om te hoor wat jy in die boek wil plaas.
Om te weet is om te verstaan.