Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 12, 2012, 02:15:01 AM

Title: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Meraai vannie Baai on May 12, 2012, 02:15:01 AM
Ekphrasis kom voor wanneer een soort kunsvorm 'n ander beskryf - byvoorbeeld wanneer ons 'n foto/kuns of beeldhouwerk bestudeer en elkeen beskryf wat hy of sy ervaar. Hierdie beskrywende prentjiewoorde is ook baie gewild as inskripsies onder aan skilderye.

"Poetry and Art together, performing a Duet"
 Kuns en poësie, hand aan hand, vorm ‘n volmaakte simfonie (hierdie pragtige vertaling deur Piet Magriet het 007 gaan bewaar in die ou boekie van woorde).

Hier is my ekphrasis voorbeeld (waar die woorde op die foto wat beskryf word), geplaas is.
PM hierdie is ook 'n voorbeeld vir personifikasie :toothy4: wat ons dalk vir boek 2 kan gebruik?

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Ekphrasisgedig-1.jpg)

Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: adele on May 12, 2012, 09:01:41 AM
dis darem soooo mooi    :love7:   

 :grommit:
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: PM on May 12, 2012, 10:18:00 AM
Ek stem, dit is 'n pragstuk en dit hoort beslis in die boek.
Glimlag ek toe ek sien dit is ek wat daai oulike vertaling gedoen het.   :evil6:
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Fransi on June 21, 2012, 11:00:20 AM
 :hello:

Dit is besonders Meraai!

My voorbeeld:

Pointillisme skilder liefde ( Alfalfa Fields Saint Denis ):

Gras stamp nie bloot kop
teen die plafon van grond
om dan deur te breek
in die wulpse sprietgroen
van 'n fertiliteitsgodin nie-

Soms stippel dit eerder
die geel wappering van lint
tussen hand en blou vlieër
            en is selfs die skaduwees
nooit         ondeurdringbaar swart nie.
Wel die saamsmelt
van komplimentêre kleure.

en as ons gelukkig is,
skyn die wit gees
van suiwer doek
deinserig
daardeur.

http://www.georgesseurat.org/Alfalfa-Fields--Saint-Denis.html

Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Ah Willa on June 21, 2012, 12:15:13 PM
Meraai se son wat mens so by die deur kom groet is pragtig

en Franci se grass is parmantig met die grond, te mooi

ek lief altwee die gedigte .. ek wil ook so iets probeer :-)
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: PM on June 21, 2012, 12:23:40 PM
Dit is pragtig, ek het die skildery gaan haal en in die boek gesit.  Baie dankie Fransi.
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Fransi on June 22, 2012, 10:48:38 AM
 :hello:

Dankie PM en Ah Willa.
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Meraai vannie Baai on June 24, 2012, 12:02:51 AM
Fransi my tone krul om van plesier!!  :book1: :icon_salut: :notworthy:
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Ah Willa on June 24, 2012, 08:25:31 AM
 :hello: welkom terug Meraai - jy was gemis hoor!!
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Meraai vannie Baai on June 24, 2012, 11:55:50 PM
Net so gemis matertjie!! Ek trap gou so paar woordspore terwyl ons kleinman begin kreun en steun om wakker te word  :icon_biggrin:
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Angelica on June 25, 2012, 06:19:09 AM
Geinspireer deur digkuns...
Ai, en nou is my Griet al gedoen... snik.

Lieflik, Fransi.
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Angelica on June 25, 2012, 06:20:46 AM
Moet se, hierdie spesifieke skildery laat my aan Monet dink.
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Fransi on June 25, 2012, 09:42:42 AM
 :hello:

Baie dankie Angelica en Meraai.

Jy het 'n skerp oog Angelica. Monet was deel van Impressionisme en Pointillisme het net daarna gevolg. Daar is dus 'n klomp dele van beide tegnieke wat familie is. :-)
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Meraai vannie Baai on July 12, 2012, 02:50:58 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Nederig-1.jpg)

Met hierdie ekphrasis het ek ons digtersgereedskapkis nadergesleep en die klankbeitel van alliterasie en assonansie gebruik.
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: PM on July 12, 2012, 03:55:36 AM
Oee dis mooi!  Ek lief dit Raaitjie.  Ek is mal oor alliterasie en assonansie.  Dit kan vryevers vervolmaak. 
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Meraai vannie Baai on July 12, 2012, 04:18:24 AM
Bly jy het dit ook geniet mater. Partykeer weet ek nie wat is die lekkerste, die beeld deur die klikbekkie vasvang of die ABC se inspan om dit te beskryf  :toothy4:
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: PM on July 12, 2012, 04:39:16 AM
Dit pas mos bymekaar, soos 'n  :read: en 'n  :bootyshake:  :angel4:
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke/fotos.
Post by: Meraai vannie Baai on September 17, 2012, 05:26:26 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Diespasiestussenonsvingers.jpg)

*hierdie was my vertaalde weergawe van 'n Engelse uitdrukking wat ek raakgelees het.
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Fransi on September 17, 2012, 07:26:20 AM
So mooi.
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Meraai vannie Baai on September 17, 2012, 07:43:15 AM
Fransi sonder hande in myne sou ek hierdie vreemde nuwe paadjie nooit kon stap nie. Soveel handegevat in die geesteswereld die afgelope dae, ek voel ek vlieg!!  :love7:
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: PM on September 17, 2012, 01:32:24 PM
Pragtig Raaitjie.  Die doel van spasies tussen vingers!  Dankie tog vir hande wat 'n mens kan dra in moeilike tye. 

Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Meraai vannie Baai on October 26, 2012, 02:11:37 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03514-1.jpg)
 
Ek het vandag vir jou
net 'n paar letters
uit die alfabet
geraam.  

Eers 'n   L   vir lankmoedigheid
toe die   I   vir iemand spesiaal,
ook 'n    E   vir engele wat waak
met die  F   vir fenomonaal wees
en een   D   vir dierbaarheid vanself;
weer 'n  E   vir ewige liefde.

*'n Dubbel Acrostic Ekphrases
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Fransi on October 26, 2012, 07:55:40 AM
 :hello:

Pragtig!
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: PM on October 26, 2012, 08:37:06 AM
Baie goed gedoen matertjie.  Dit spreek boekdele.
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Meraai vannie Baai on October 29, 2012, 04:49:02 AM
Ek het dit op die 'veranda' vir Outop uitgepak en toe gou afgeneem voor die wind dit kom uitvee. Gelukkig het net die 'f' windskade gekry LOL. Kon toe agterna met PhotoScape die letters met die verfkwassie omgaan en die geheelbeeld verewig met 'n ekphrasis  :love7: Bly julle twietjies het ook geniet!
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: PM on March 11, 2013, 11:44:28 AM
Alhoewel ek 'n paar van hierdie voorbeelde in die gedigstruktuurafdeling het, moet ons nog 'n bietjie werk daaraan.  Ek het Fransi se lusernland in en sal gaan kyk wat nog.  Boek toe ouens.  Bring nog voorbeelde.
Title: Re: Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.
Post by: Fransi on March 19, 2013, 12:58:05 PM
:-) Ek het al vergeet van daardie gedig, PM. Dit was nou so lekker om weer hier te kon kyk en geniet.