Kom sê net eers koebaai
©Ans Botha 08/05/2020 11:38
ek sien jou mirrage in die son
nooit was jou wese so aanloklik
maklik vir my om langs jou te staan
soos in die ou, ou dae
ek was so seker ons liefde sou ewig bly
maar jy het deure toegeslaan voor my aangesig
dit sou so maklik gewees het om maar net te bly
jou liefdeslied net aan my te sing
moenie weer verlief raak op my
ek is maar net ‘n dromer wat stry
met die winde wat waai en draai
sal jy my net weer vernietig om ‘n draai
kom sê net eers koebaai vir ‘n laaste keer
voor jy die langpad stap na môre se lag
slaap ‘n laaste keer saam met my in die maanligbaan
voor jy my vaarwel toewuif in die sonligstraal
ek sien jou mirrage in die son
ek was so seker ons liefde sou ewig bly
moenie weer verlief raak op my
kom sê net eers koebaai
vir ‘n laaste keer . . .