Die kuierstoep > Bekgeveg

Ek wil nie bejammer word nie.

(1/6) > >>

PM:
Hoe dikwels hoor ek daardie woorde.  "Ek wil niks sê nie, want ek wil nie bejammer word nie."
 Dit laat my my kop so skeef draai soos die hond syne draai as hy 'n ernstige vraag wil vra maar stom geslaan is.   :icon_biggrin:

Kry ons regtig die mens jammer, of is ons jammer oor die situasie waarin die mens hom/haar bevind?
Dit is soos om vir 'n kind te sê dat hy/sy stout is, in stede van dat hy nou 'n stoute ding gedoen het. 
Is dit ons taalgebruik wat maak dat ons hiper sensitief is? Dat ons alles wat gesê word op onsself van toepassing maak?

Meraai vannie Baai:
Goeie vraag PM. Simpatie met die mens en sy situasie laat vriende en geliefdes soms wye stomdraaie om jou gooi wanneer jy 'n drukkie baie nodig het maar ons is so bang om onsensitief te wees of bang die persoon voel jy dring op .. so baie bang vir's! Niemand van ons hou daarvan om bejammer te word nie maar daar is groot verskil tussen bejammer en omgee. Uit eie oogpunt. Ander mag anders voel. Ons het so baie geleer die afgelope week. Veral hierdie laaste paar dae!

PM:
Jy is reg.  Daar is genoeg "min omgee" wat die rondte doen deesdae.  Mense kan nie meer skeel of hulle ander gelukkig maak of nie.  Who cares?

Meraai vannie Baai:
 :toothy4: Ek gaan/het 'n hele paar voorkoppe in v's laat saamtrek met die huidige situasie in ons lewe deur nie te swyg en eekant met alleengrawe 'n gat te grawe waar ek kan wegkruip of skuil teen die werklikheid nie. En hiermee het ek die groot ag siesss(tog)sonde gepleeg want ek hang my vrese en my vreugde onbeskaamd, aan openbare pale. My boodskap hiermee aan die wereld daar buite: kom huil/lag saam of hou verby. Vergewe my as die padpredikante langs my lewensmyle jou melaats laat voel, en jy noodgedwonge afdraai na jou klein hoekie en ek in myn waar ek spook met menslike emosies soos ander wat hulle werk of 'n geliefde verloor.


PM:
 :hello2:  Sustertjie, Ons het nie beheer oor wat met ons gebeur nie.  Ons het wel beheer oor hoe ons dit hanteer. 
Hier sit ek, ek gee om en ek wil weet wat aangaan.  Ek kan net verstaan as ek weet. 
Wanneer 'n mens jou lief en leed deel "aan openbare pale" dan het jy nie geraamtes in die kas nie.   :angel4:
'n Siektetoestand is niks on oor skaam te wees nie, jy het mos niks gedoen om dit te veroorsaak nie.  Om jou werk te verloor is nie jou toedoen nie.  Jy werk nie jare by 'n firma en dan word jy afgedank omdat jy 'n lui lak is nie.
Gedeelde smart is halwe smart. 
Ek stem met jou saam, as iemand dink dat ons "teem" dan hoort hy/sy nie op hierdie forum nie.  Hou verby.  Hier deel ons ons lief en leed. 
Hier is nog 'n stywe drukkie vir jou     en 'n pienketjie.  Kom ons drink daarop!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version