Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on December 02, 2018, 06:18:05 AM
-
Bleek lê die karkasse
op gister se vlaktes.
Kaal gevreet
deur die kake van vergeet
Omkyk word ‘n woestyn
waarin gedagtes verdrink,
versmoor…
verdwyn…
Fotos van geliefdes,
bekendes…
vervaag…
verdof…
verdwyn…
Leë oë staar soekend
na bleek karkasse,
toe gewaai
deur breinloos wind.
Seldsame oases
verdor tot vergetelheid…
Verdwyn uit gedagtes…
Kaal vlaktes…
Verlossing kom
met ewig rus…
© Naas Breytenbach
:icon_bigsmurf:
-
Sjoe. Goeie genade Naas, jy verstom my keer op keer. Omtrent woordloos diekant.
-
Die saamleef met mensies by Elmarie se werk wat so heengaan was 'n mens nie sommer af nie. Nou dat dit weer feestyd raak en die wereld op en af spring van plesier sien mens maar weer die lee ogies en die seer in die "onbekende" familie se oe. En dan hoop ek maar dat daardie woestyn my familie gespaar bly. Die ergste is dat die persoon nie weet waardeer hy gaan nie maar die families kry swaar. (weet ek nou nie vanoggend hoe om Familie te spel nie.)
:icon_bigsmurf:
-
Ons het hierdie paadjie gestap met skoonpa. Die laaste keer wat ons gaan groet het voor die groot landuit-tog het hy Outop nog herken maar was so agterdogtig. Het niks en niemand vertrou nie en later het hy omtrent niemand meer herken nie. Dit was hartbrekend vir almal. Ek het altyd gewonder hoe hy gevoel het tydens die klein tydjies wat die newel van vergeet gelig was?
Hulle het al hoe minder geword. Tog was daar soms nog die half skewe Lock humor wat deurgeskemer het tot groot onsteltenis van my arme skoonsus. Hulle het vir Oupa die eerste agterkleinseun gaan wys. So trots gewees - en oupa se antwoord: Julle moet hom verkoop... :crybaby2:
-
Lag ek nou skaamteloos vir die verkoop storie. Ja die paadjie is nie vir almal dieselfde nie. party raak agressief, ander raak net stil. Dit hang af watter dele van die brein eerste aangetas word. Dis net vir my harseer as hulle op die punt kom waar hulle nog weet hulle moet iemand wees maar hulle weet nie meer wie hulle is nie. Dit bly vir my die wreedste manier om te gaan.
Die ander hartseer vir my is by die begrafnis... daar waar die wat agterbly seer het maar tog ook verlig is dis verby...
:icon_bigsmurf:
-
Verseker 'n wrede manier om jouself letterlik te verloor :crybaby2: Ek het The Notebook drie keer gekyk en myself elke keer kreupel getjank. :crybaby2:
-
Nog nie daai een gesien nie. Sal moet 'n plan maak.
:icon_bigsmurf:
-
Ek weet dit is ook een van Anastasia se gunstelinge. PUIK PUIK!!
-
Ek en Oom Naas sal daai een saam moet kyk.
:mumum:
-
Ek het hom sommer nou net weer gekyk, trane dal! :crybaby2:
-
Ek is met jou Anton :crybaby2: Assie, moet nie jou sneesdoekies vergeet nie. Nee wag, bedel eerder 'n paar sakdoeke by oom Naas!
-
Kan iemand dit hier plaas of 'n skakel los? Ek het verdwaal.
-
Hier is 'n voorskou van die fliek:
https://www.youtube.com/watch?v=FC6biTjEyZw
-
Dankie Frank, nou weet ek ook. Soms val ek uit die bus uit. :evil6: