Author Topic: Lyle's Golden Syrup..  (Read 6937 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Lyle's Golden Syrup..
« on: June 15, 2013, 11:15:57 AM »
Die verpakking van die Lyle's Golden Syrup hou my vir 'n minuut of twee so vas, ek kry 'n knop in my keel.
Dis die ou-ou groen-en-goud met die leeu-karkas en swerm bye wat om dit draai wat my so nostalgies stem.
Onthou jy die blikkie gouestroop met die dekseltjie bo-op wat jy sommer met die mes se punt oopgemaak het en dan het 'n blink foelie bedekking, wat jy met 'n skerp messies oopgesny het, oor die stroop gele. Onder dit het hierdie goue saligheid vir jou uitgelok om te skep.  (Johann het seker die foelie gegaps om af te lek. Wie is Johann?  My broer wat altyd die Sondagmiddagboud se been gegaps het, of altyd die hoender se boudjie gedeps het.) Was die blikkie al halfvol nadat ons dit met bottermesse binnegeval het, het Ma al 'n nuwe blik op haar groceries lysie gevoeg.  Wat was lekkerder as warm Ma-se-brood, plaasbotter en Lyle's Golden Syrup op 'n Vrydag-middag as ons van die koshuis op die plaas aangekom het vir die naweek? Daarby kom 'n beker warm plaasmelk. Volroom.
Ek weet nie of die blikkie nou nog gebruik word en in sommige winkels verkoop word nie, maar ek het dit in 'n plastiek houer gekry.
Leeukarkas en heuning... Iemand wat hierop wil uitbrei?
 
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Lyle's Golden Syrup..
« Reply #1 on: June 15, 2013, 07:10:29 PM »
my vrou vertel toe hulle klein was het hulle pa aan tafel daai mannetjie met die vierkantgie gesiggie op die blik vir hulle gewys en gesê dat die mannetjie hulle gaan kom vang as hulle stout is en dan was hulle erg bang gewees.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lyle's Golden Syrup..
« Reply #2 on: June 16, 2013, 09:10:10 AM »
Ek ken daai blikkie en sy sielemater was Black Cat Grondboondjiebotter.  Nou het ek ook 'n knop in my keel, want dit was "huis" gewees.  Koshuisbrakke ken die waarde van daardie "Ma-se-brood", botter en vars volroom beesmelk.  Na die eerste sluk het die melk so wit op jou bo-lip gelê en jy het dit so behaaglig afgelek met 'n "njum-njum". 

Wat dink julle sal julle kinders eendag aan hul ma se kombuis laat dink?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Lyle's Golden Syrup..
« Reply #3 on: June 16, 2013, 09:30:25 PM »
seker die kos want hulle is altyd honger

tuisgebakte beskuit en brood en kaas


Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Lyle's Golden Syrup..
« Reply #4 on: June 17, 2013, 09:27:12 AM »
Wat dink julle sal julle kinders eendag aan hul ma se kombuis laat dink?

Bliksnyers en McDonaldspapiersakke.



 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lyle's Golden Syrup..
« Reply #5 on: June 17, 2013, 12:06:21 PM »
Oeeee ek onthou daardie blik en sy inhoud ook! Was hoeka so lief vir dit oor mieliepap.En saam met dik sny  varsgebakte brood, blink gesmeer met uitgekookte varkvet en daardie selfde blikkie se goudgeel inhoud wat sig-sag oor die broodjie gegooi word. MANNN!! Daai was die dae voor kolestrol alles kom opneuk het.

Assie ek lekker gegiggel vir jou bliksnyers en Maccies-sakkies LOL. Ek het gewonder en gewonder ... :color:  ek dink as hulle mandjies vol blomme sien hang waar potte eintlik moet wees,  verbrande kos en 'n half voltooide skildery of rommelgedig uit die pad moet stoot om by die koekblik te kom, sal hulle terug verlang na hulle moek se blou kombuis en die uitlokkende geur as hulle Daddy agter die potte inskuif saans.
« Last Edit: June 17, 2013, 12:10:51 PM by Meraai vannie Baai »

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Lyle's Golden Syrup..
« Reply #6 on: June 17, 2013, 09:01:18 PM »
as ek aan my ma se kombuis dink, dit was 'n moderne kombuis met elktriek stoof en yskas in die laat sestig jare. ( sys in mei 1970 oorlede)
DIe tee, ek het nie juis koffie gedrink nie, nou noggie en dan 2 tot 2 snye brood met botter wat ek in die tee druk om sag te maak. lekker gemors op die tafel ook maar my ma het nooit daaroor gekla nie, sy was net nei erg vriendelik as ek nog 4 na 6 lepels suiker bo op die pap brood in die beker tee gooi nie.

dan ook, daar was omtrnet altyd wortelslaai in die yskas en ek het enige tyd van die dag daarvan uitgeskep en wortelslaai geniet. ek is nou nog erg oor wortelslaai en kry elke dag dit by die ete.

dan ook die rou maalvleis wat frikkedelle of een of ander gereg moes word, as idt so in die yskas staan in 'n bak...ai die vrsoeking was te erg, dan het ek so groot homp uitgeskep en die maalvleis rou geëet.

dit was jare gelede, kan nie baie onthou nie, ek was nog nie 12 nie.


Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Lyle's Golden Syrup..
« Reply #7 on: June 18, 2013, 06:06:25 AM »
As ek 'n gereg moet uitsonder wat Mamma soms gemaak het....  Bobotie.
Ek moes die suurlemoen blare gaan pluk in die boord wat sy dan afwas en regop indruk in die dis net voor dit in die oond gaan.
Net voor sy opskep, het sy die blare uitgetrek en het ek dit dan afgelek.
Ek kon nog nooit 'n bobotie-gereg te ete kry wat my sintuie so prikkel soos Mamma se bobotie.  Kon dit dalk die plaasvleis en eiers en melk en suurlemoenblaar en Dover stoof se stadig bak wees??
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lyle's Golden Syrup..
« Reply #8 on: June 18, 2013, 07:10:46 AM »
Ai julle verlang ek nou na myse moederlief! Ek sal altyd haar vleispasteie onthou. Die degie se aanmaak en uitrol en dan natuurlik die heerlike sousdeurdrente koeksusters  :love7: :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lyle's Golden Syrup..
« Reply #9 on: June 18, 2013, 08:20:12 AM »
Julle maak my nou baie honger! 

My ma het die lekkerste vis in 'n degie gebak.  Kon ook nog nooit die gelyke raakloop nie. 
Elle, ek dink dit is die liefde waarmee hulle dit gaar gemaak het my matertjie en die atmosfees wat daarmee saamgekom het. 

AB, my ma het ook al die wors en maalvleis self bewerk en ons het ook "geproe" of die speserye "reg" is.  Dit was die heerlikste om daardie rou wors se punt af te druk en te eet. 
Daar was een ding wat ek nie rou in die oë kon kyk nie en dit is daardie gemaalde lewer vir die lewerkoekies, maar as dit gaar was, was dit 'n wenner.  Ek onthou nog, jare later, toe ek dit vir my kinders gemaak het, hoe hulle hulse neusies opgetrek het.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lyle's Golden Syrup..
« Reply #10 on: June 18, 2013, 08:32:32 AM »
Ons liefff lewer maar nou is dit verbode. Die lekkkerste was ampertjies mos die oorskiet lewer in die pot. Daardie effens-aangebrande sousie waarin jy 'n stukkie varsbrood deursleep  :love7:

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Lyle's Golden Syrup..
« Reply #11 on: June 18, 2013, 10:59:03 AM »
Padda-ogies... Groot bakke vol padda-ogies met daai taai kors en die klonte appelkooskonfyt of gooue stroop daarin...
Vrekkit, hoe sweet my tanne nou.

(Padda-ogies = Tapioka poeding.)


 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Lyle's Golden Syrup..
« Reply #12 on: June 18, 2013, 11:18:08 AM »
Ek onthou ook padda-ogies. Heerlik. :-) Ek mis die geur en smaak van varsgebakte brood- wit, skaapwagtersnye, dik gesmeer met botter en appelkooskonfyt en ja bobotie ook. Myne proe net nie soos my ma s'n nie. My ma sien haarself glad nie as 'n goeie kok nie, maar nou dat ek self grootmens is, wonder ek hoe sy by kosmaak ook uitgekom het tussen die skoolwerk en Kerk-werk deur. O, en Sondagmiddag se hoender. Sy het drie hoendergeregte gehad wat sy om die beurt afgewissel het. Die een met die blatjangsous was my gunsteling.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Lyle's Golden Syrup..
« Reply #13 on: June 18, 2013, 07:06:25 PM »
Nog iets wat niemand kan maak soos Mamma maak is viskoekies.  Gemaak van blikkiesvis. Met uie en kruie, baie pietersielie en eier en baie peper ens ens...
Ek probeer, ek belowe ek PROBEER, maar dit val uitmekaar en is later net een groot pan vol deurmekaargeit.
Ek kon kook. Regtig, ek kon.  Deesdae kan ek nie eens 'n eier behoorlik bak.  Kook ja, in die eierkoker. 
So, ek wonder wat my kind sal antwoord as ek hom sou vra wat hy onthou van sy ma in die kombuis.  Ek sal maar liewer nie vra nie.
elle

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Lyle's Golden Syrup..
« Reply #14 on: June 18, 2013, 09:11:02 PM »
Engeltjie, probeer broodkrummels met die vis meng om dit te bind.




 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.