Author Topic: ekke gaan bietjie weg  (Read 7521 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
ekke gaan bietjie weg
« on: February 05, 2012, 03:51:14 PM »
ekke ry more oggend Jeffreysbaai toe vir die nasionale meesters hengel toernooi, so ek sien/hoor/griffel julle weer raak so oor n week en dag of twee
moenie te veel aanjaag in my afwesigheid nie - netnou mis ek iets
« Last Edit: February 05, 2012, 07:49:46 PM by louis weka »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ekke gaan bietjie weg
« Reply #1 on: February 05, 2012, 09:14:05 PM »
Ai Louis, ek hoop jy geniet dit 'n haai uit die see uit.  Mag jy tuis kom met die grootste trofee en ek hoop van harte jy sal terug wees met die boekbekendstelling. 
Dit is te sê as jy niks wil mis nie!  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: ekke gaan bietjie weg
« Reply #2 on: February 06, 2012, 06:33:02 AM »
Hi Lewies,
Ek onthou nog toe jy verlede jaar daar was. Hoe opgewonde jy geskakel het om te vertel van die mooooeeeewiese (ek sal nie die woord hier herhaal wat jy toe gebruik het nie) haai van 100kg wat jy manalleen moes uittrek en weer manalleen moes terugsit in die water.
Jy het teruggekom as die beste in jou span.
Ek wens julle 'n veilige rit daarheen en ook terug.
Tussen-in hierdie ritte hoop ek dat jy weereens as die span se beste sal vaar.  Die meester van die Meesters.. klink goed.
Ons dink aan jou en hou vir jou duime vas.  Stuur vir ons woord as jy weer so 'n grote vang.  Nee, stuur foto's, want julle vistermanne las mos 'n meter aan en 'n paar kilogramme gewig by.

Break a leg, my friend.
elle

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: ekke gaan bietjie weg
« Reply #3 on: February 06, 2012, 09:00:23 AM »
Ai dit klink alte lekker. Nou hoekom is ons nie saam genooi nie.  :crybaby2: Ons wou dalk ook bietjie wegbreek.  :evil6:
Geniet dit en vang daai grote en stuur hom terug met 'n boodskap, ons sal nie sy water oorvat nie solank hy nie ons byt nie.  :evil6:
 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ekke gaan bietjie weg
« Reply #4 on: February 06, 2012, 10:18:57 AM »
Noudiedag toe Lewies en Engeltjie hier was, het sy vertel dat hy die meester van die meesters is, maar hy het net so skaam-skeef geglimlag.  Nogal baie beskeie sou ek sê.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: ekke gaan bietjie weg
« Reply #5 on: February 08, 2012, 09:36:08 AM »
 :hello:

Geniet dit. :-)

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: ekke gaan bietjie weg
« Reply #6 on: February 08, 2012, 07:52:43 PM »
Lewies skakel Maandag-aand. Dit klink soos 'n tiener sleep over.  Die manne praat en hulle lag.
En die biere se koppe knak, aanmekaar.
Hulle het veilig gery, bietjie lank, want die pad hier af Jeffries toe is Stop Go al die pad.
Die klomp is in een bungalow en het gister die waters gaan uitkyk waar hulle vandag gaan vang het.
Vanoggend, rondom 10:00, ek dink, skakel Lewies. Uitasem van opgewondenheid. Hy het 'n mooeeeeewiese (ek sal nou weer nie die woord hier herhaal nie) raggie gevang. Ongeveer 140kg. Nogal impressive, sou ek se.  Hulle skat die gewig volgens die lengte van die vis.  Dan moet die hengelaar dit weer man alleen terugsit in die see.
Ek hoor weer vanmiddag van hom, die ander ouens het groter gevang. Ag wat, Lewies, more is nog 'n dag.
Wanneer dit op FB verskyn, sal ek julle laat weet waar om te gaan kyk.
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: ekke gaan bietjie weg
« Reply #7 on: February 08, 2012, 08:11:34 PM »
Het nou net gehoor daardie haai is maar net 114kg.  Ja nee, mos weer 'n meter by gelas en 'n hele twintig kg.
Mens kan die vistermanne nie glo nie.

In St 7 het ons 'n vraag in die eksamen: Noem drie vyande van die vis.
Ben skryf:
1) Vissermanne
2) Vistermanne
3) Vistermanne wat met pylgewere skiet.

Ben was nie die skerpste potlood in die blikkie nie.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ekke gaan bietjie weg
« Reply #8 on: February 09, 2012, 04:58:00 AM »
Dankie dat jy ons op hoogte hou.  Wens ek was daar om dit te sien.  As Lewies weer gaan visvang moet hy ons nooi om dit te aanskou.  Wens hom voorspoed toe, ons hou duime vas vir ons meester van meesters. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: ekke gaan bietjie weg
« Reply #9 on: February 09, 2012, 07:00:52 PM »
Ek hoor niks van Lewies vandag en ek dog daar was seker niks aan daardie lyn nie.
Skakel netnou, klink bietjie lam in die bene van te veel son en te min bier.
Was op Van Der Riets, so 130km van Jeffries af. Weet nou nie of dit oos, wes of land-in is nie.
Hele paar visse gevang, onder andere 'n groot rog. Hy se liewer nie wat die ding se gewig is nie, want hy wil nie weer so 'n fout maak soos gister.
Die hele span het baie gevang. Ek weet nie of hulle die gewig alles bymekaar tel vir die span en ook vir die individuele lid in die span. Klink logies, ne?
Elk geval, hulle span is sover 4e uit die 12 spanne van oor die land.
More gaan hulle op Cape St Francis vang.
Kom ons hoop hy sit 'n groot effort in om die vangs van die dag te kry.
Ons hou duime vas, Lewies!!!
O ja, vanaand braai hulle die aas wat oorgebly het. Tjoka en rooiaas??  Nee, joking, tjokka en ??? Kan nie onthou nie.
Klink rof.. giggles.. maar dit is vars vis wat hulle elke oggend kry om mee te vang.  Almal kry hul kwota van dieselfde aas.
Weet darem nie.  Vanaand klink baie ver van vanoggend af.
Sluk maar af met 'n biertjie, Lewies.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ekke gaan bietjie weg
« Reply #10 on: February 10, 2012, 11:41:54 AM »
Al my vingers is gevleg en my tone oormekaar!  Stywe lyne Lewies.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: ekke gaan bietjie weg
« Reply #11 on: February 11, 2012, 05:48:29 AM »
Nou ja, die kompetisie is verby en die lyn en hoeke gewas en weggepak.
Op die laaste dag van die Nationals op Cape St Francis, het die manne bont gestaan om al die honger visse te bluf met ‘n hoek aan die sappige stukkies wat so binne-in hulle bekke beland.
Talle prag visse het hul op die sand bevind na daardie happies, maar die groot menere, twee diamonds (dit is ‘n rog)  het ook daar beland vir ‘n wyle om gemeet te word en bietjie met Lewies te gesels.
Die manne is moeg.  Jy kan dit hoor.  Dit was ‘n paar dae van min slaap, hard speel en dan nog hul eie skottelgoed was. Die son tap energie en maak jou week.  Daar gaan na dese hard gerus word. 
Laat middag is alles skoon geskrop en die manne het geskeer vir die aand se verrigtinge.  Lengtes en gewig van die laaste visse is aangeteken en data verwerk vir gisteraand se laaste funksie voor die manne weet wie is wat en watter span is die champions.  Dit was ‘n grand affêre met die ouens wat ge-collar en ge-tie hul pryse moes ontvang. 
Lewies is vyfde algeheel uit al die deelnemers.   Ook is hy gekies vir die President span.  Hulle het die Springbokspan net-net gemis. 
Ek weet nie of daar baie geslaap is nie, maar die ouens is alweer vier-uur vanoggend gepak en in die Venture oppad terug  huis toe, Weskus toe.  Die pad gaan lank wees, maar met soveel visstories in een voertuig, kan die pad dalk net kort raak.
Ry veilig, manne.   
Presidentspan - gaan julle saam met mnr Zuma visvang, Lewies?


   
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ekke gaan bietjie weg
« Reply #12 on: February 11, 2012, 07:27:09 AM »
Baie geluk matertjie.  Ons is trots op jou.  Ek is net bly jy kom huistoe sodat ons weer kan kuier.
Het jou gemis, die paar dae was toe 'n paar weke.

Dankie vir die gereelde terugvoer Ellé.  Ons waardeer.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: ekke gaan bietjie weg
« Reply #13 on: February 11, 2012, 08:43:43 PM »
Hi Wiesa, ek sien jy is terug by die huis.
Jy moet asseblief hierdie blogspot van jou bietjie reg dokter as ek die verkeerde info hier verkondig het.  :nono:
Kon nie altyd onthou wat, waar, watse en dies meer.

Online Verslaggewer  :angel8:
elle

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: ekke gaan bietjie weg
« Reply #14 on: February 12, 2012, 08:24:30 PM »
Hello julle almal, ek is weer terug soos julle verslaggewer vertel het. dit was n baie lekker kompetisie en die weer het lekker saamgespeel die keer.
op die eerste dag het daai skeurtandhaai my vir n 'walkie' gevat teen die strand af vir ander half kilometer voor ek hom kon land. daai ding kan mens nogal lekker moeg maak maar die adrenalien vat al die moegheid onmiddelik weg en jy bokspring soos n laaitie daar rond en soek gou weer nog so een
die tweede dag op Van der Riets (dit is aan die ooste kant van PE) het dit ook heel oraait gegaan. n klompie visse gekry van allerhande soorte maar net nie die monsters nie.  derde dag bla bla bla
was verskriklik verbaas om n algehele 5de plek te vat en nog meer verbaas oor die president span
die president span is die volgende trap nader aan protea kleure. ons hengel in Oktober/November n internationale kompetisie (in SA of Namibia)
as dit daar met my baie goed gaan en ek doen weer baie goed volgende jaar met die meesters dan staan ek n kans om die groen en goud te kry.
baie asse waaroor ek nie nou gaan worry nie
dankie julle almal vir julle ondersteuning, dit beteken vir my ongelooflik baie en dien ook as n groot aansporing
Elle ...jy is n ster