Author Topic: Wat dink jy?  (Read 2216 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Wat dink jy?
« on: April 30, 2013, 05:48:52 AM »
Dink jy dat jou pos, of jou posisie in die firma, of die titel wat jy dra, van jou 'n gerespekteerde mens maak en dat daarsonder jy nie 'n indruk op ander mense sal maak nie.  Sal jy daarsonder kan leef en nog 'n gelukkige mens wees?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Wat dink jy?
« Reply #1 on: April 30, 2013, 06:53:04 PM »
My eie ondervinding hiervan is dat hoe hard jy ookal gewerk het, wat jou titel / posisie ookal was / is in die firma, as jy nie die seniors altyd opvryf en saampraat en saamdrink, is jy maar net nog 'n werker wat jouself sal moet bewys.
Het my eers gegrief, maar later rustig geword en net my beste gelewer. Ek verkies nou om nie saam met die hoe bome rondgewaai te word, want ek is in myself gelukkig.  Het niemand daar bo nodig vir wie jy heeldag moet blinkvryf.  Dis scary at the top en boonop energie-tappend. Gewoonlik kry die die persoon wat dit nie werklik verdien, die posisie.  En dit is fake.  Punt.
Ek hang hier onder rond en verdien my punte met harde werk en ekstra myle. En boonop geniet ek dit terdee.  En dit word deur eerlike en opregte mense raakgesien.

elle

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Wat dink jy?
« Reply #2 on: May 02, 2013, 01:20:42 PM »
As jy jou selfwaarde meet aan iets wat jy om jou kan hang of op jou deur moet plak het jy ernstige probleme. Om te meet hoe onmisbaar of belangrik jy regtig is, steek jou vinger in 'n emmer watter en kyk of daar 'n gat oorbly as jy hom uittrek.

As daar geen gat in die water agterbly nie is jy nie so belangrik soos wat jy gedink het nie en eintlik baie vervangbaar.....

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Wat dink jy?
« Reply #3 on: May 02, 2013, 03:50:30 PM »
Praat julle nou die waarheid so uit my eie mond. Maak nie saak wat jy vir die "werk" gedoen het nie, vervangbaar is jy. Of hulle later agterkom dat hulle die grootste fout van hul lewe gemaak het, die sal ek seker nooit weet nie. Dit maak ook nie meer saak nie. Ek sal nie weer terug gaan nie. Het vir anderhelfde gese julle kan dit nie van my verwag nie.

Kyk ek kan baie goed toneelspeel, maar die sepie is vir eers klaar.  :hello2:

Eindlik, al sukkel ons dat die honde huil, is ek baie gelukkiger as wat ek ooit was daar.  :dontknow:

Wat ek dink,  :icon_scratch: , ek is nog die selfde persoon. Gelukkiger ja, maar die selfde ou ekke. So met of sonder die "werk" bly ek wie ek was, is en nog gaan wees.  :hello:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat dink jy?
« Reply #4 on: May 03, 2013, 06:55:57 AM »
So ken ek jou Trappies.  Jy is nie "mevrou dominie" nie.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.