Die kuierstoep > Bekgeveg

Waar is julle?

<< < (3/11) > >>

Fransi:
 :hello:

Dankie Naas en dit is so waar. Die een skildery waarmee ek nou seker by die 50 ure besig is, gaan vir my maar 'n wins van R300 inbring. Dus is my arbeid R6 'n uur "werd". Baie minder as wat Sophie per uur vir skoonmaak by my verdien. Ek wonder soms hoekom die kunste(enige vorm) en kunstenaars( tensy jy bekend is) so maklik uitgebuit kan word.

PM:
Julle maak my hart warm klop en my stertjie swaai weer.  Dankie vir die lekker kuier hier, as ek nie lief was vir julle nie sou ek julle nie gemis het en gesoebat het om te kom kuier nie.   :icon_biggrin:  Dankie, ek weet julle is almal dol besig, ek het maar net 'n bietjie verlang.   :notworthy:

Fransi, ek was al bevoorreg om jou werk te sien en dit is baie goed gedoen.  (Een van Fransi se werkstukke is in ons boek.)
Laat weet waar die uitstalling is, ons wil ook kom kyk.
As 'n mens sien wat doek, verf en ander kunsitems kos, is dit geen wonder dat soveel talent in ons land verlore gaan nie en die eindproduk kos 'n fortuin omdat die kunstenaar so duur vir alles moet betaal.  Voorspoed matertjie. 

Fransi:
 :hello:

Dankie PM. Die uitstallings sal hier in Lichtenburg wees. Ek weet die een van Maart gaan by die een kwekery gehou word, maar ek weet nog nie waar die ander een gaan wees nie. Sal vanaand probeer uitvind. Ja, die eindproduk kos 'n fortuin, tensy jy as kunstenaar so dom is om te vra watter tipe prys hulle ingedagte gehad het vir die skildery- dan gebeur wat nou weer gebeur het. Soms is dit so erg dat jy in werklikheid 'n verlies ly. Dit is beslis nie goed vir 'n mens se selfbeeld as iemand vir jou minder aanbied as wat hulle vir hulle huis- of tuinwerkers betaal nie. Verder moet 'n mens ook gallerye se beleid inagneem nl. o.a. dat jou werke se pryse nie moet verskil nie. Nie as dit dieselfde grootte is nie. As jy ooit die hoop het dat 'n gallery jou werk sal uitstal is dit dus eintlik beter om jou werke te prys volgens Lengte x breedte. 110cm maal 76cm sal dus in die omgewing van R8300 wees. Of R0.15 per vierkante sentimeter plus die raam se koste en soms selfs 'n 10% hanteringsfooi. (en dit is vir amateurs- soos ek- wat nog nie naam gemaak het nie) Die persoon het my egter R900 aangebied en die materiaal het my R600 gekos. Die ergste is dat hulle die geld aanbied met die houding van dat hulle jou 'n guns bewys om tenminste jou kostes om dit te kon maak te dek. Dit terwyl ek doodseker is dat hulle ontsteld sou wees om R300 te maak vir 50+ ure se werk.
Jammer vir my galbraak- ek het duidelik nog nie genoeg na my rustige, kalmerende musiek geluister nie. :-)

PM:
Dit suig!  (Soos Naas sê)  Bloedsuiers!  Ek sal ook galbraak. 

Wat sal die persoon nou doen as jy sê jy het intussen 'n beter aanbod gekry, sal hy/sy 'n beter aanbod maak?





Fransi:
 :icon_biggrin: My donker kant het dit beslis oorweeg.  :icon_biggrin: Dit is vir familie, so 'n mens wil nie drama veroorsaak nie. Ek moes seker maar net leer dat 'n mens nie aan vriende of familie iets moet verkoop nie. Of soiets. Ek dink wel my donker kant gaan wen. Ek het die man se naam getrek vir 'n Kerspresent. Ek dink ek gaan die skildery as 'n Kerspresent gee en die mosaïek tafeltjie wat ek besig is om vir hom te maak, eerder uitstal en hopelik verkoop.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version