Die kuierstoep > Bekgeveg

Waar is julle?

(1/11) > >>

PM:
Ek skakel soveel as moontlik en praat met julle op julle selfoon. 
Ek verstaan dit is duur en ek verwag nie dat een van julle my moet skakel nie.
Dit kos egter nie 'n arm en 'n been om vir my 'n briefie in my eposbussie te gooi nie. 
Hoekom praat julle nie met my nie?
As ek nie 'n briefie skryf of 'n oproep maak nie, dan is daar net geen kontak nie.
Waar lê die probleem?
Is hier dalk iemand wat genoeg moed het om vir my die ware toedrag van sake te verduidelik?
Ellé begin op 'n gereelde basis 'n nuwe onderwerp. 
Niemand doen eers die moeite om haar te antwoord nie. 
Hier is kort-kort iemand wat iets in sy eie plekkie skryf, maar dit is blykbaar nie die moeite werd om daarop te antwoord nie.  Wat is fout?
Ek is liederlik opgestress daaroor en ek wil graag weet, waar lé die probleem?  Het ons "geliefdes vir Agrikaans" die pot mis gesit of wat is die probleem?
Moenie vir my sê jy het nie tyd nie, want jy het baie tyd om op FB of 'n paar ander programme jou sê te sê!  Hoekom kan jy my nie vierkantig in die oë kyk en sê presies waar die probleem lê nie?  Ek het jou nog altyd reguit en eerlik behandel, dink jy nie jy skuld my dit om dieselfde te doen nie?
As hierdie forum nie meer 'n doel dien nie, kom ons sluit dit.
Gaan jy maar net lees en stilletjies verby sluip of gaan jy my antwoord?

Angelica:
Ek is so verskriklik jammer dat jy so voel.
Ek hoop regtig nie dat ons die punt gaan bereik dat jy die Forum moet sluit nie. 
Vir my is dit die plek waar ek kom ontspan, my gedagtes neerskryf, 'n ietsie van myself met julle deel.
Dit sal my hart breek as julle nie meer deel van my dag sal wees nie.

 

PM:
Ellé, dit is presies hoe ek ook voel.  Elke dag teken ek in op die forum met die verwagting dat my matertjies ten minste vir my 'n paar woordjies los waarop ek kan teer vir die dag. 
Sover ek weet, het ek niks gedoen om iemand te na te kom nie. Ek is raadop!

Angelica:
Daar is natuurlik soveel redes as wat daar lede is wat nie meer hier kom kuier nie.
Wat dit is wat hom daarvan weerhou, sal net die persoon weet.
Ons is natuurlik almal baie besig, meer besig hierdie tyd van die jaar.
Daar is meer werk en spertye skuif na aan na volgende jaar nie.
Miskien net 'n vyf minute van jou dag hier spandeer kan ander goed laat voel.
Ek wens elkeen wil vir jou persoonlik in 'n e-pos vertel wat die rede is vir haar/sy wegbly hier.  Slegs dan kan dit opgelos word.
Maar as jy nie weet nie, PM, sal jy nie iets aan die saak kan doen nie.
En werklik, jy is nie 'n monster wat 'n tantrum sal gooi as een vir jou vertel hoe hy voel nie.
Ek het 'n paar weke gelede my kant gebring,  miskien is daar nog iemand wat sy bydrae wil lewer in daardie geval.

Gawelina:
Ek het hierdie kwartaal 3 grade in een klas gehad. Nou is ek veronderstel om met vakansie te wees, maar ek het 'n krat vol boeke huis toe gebring om my werk op datum te kry.  Ek is besig om stelselmatig my huis te springclean en intussen het al wat leef en beef besluit die ideale kersgeskenk vir oupa en ouma is 'n skets van al hulle kleinkinders.  Ek skets asof dit uit die mode gaan.  Voeg daarby 'n moeë liggaam wat nie kan byhou nie en wat elke middag doodruk en jy het 'n uithaler resep vir depressie.  Ek lees wel hier, maar ek het eenvoudig nie die krag of die lus om woorde te los nie. Jammer.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version