Author Topic: Liewe Adele...  (Read 4250 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Liewe Adele...
« on: September 04, 2013, 06:10:55 PM »
Liewe Adele, 
Ek het so pas gehoor van Eben se afsterwe.
Ek wil net vir jou en die kinders se hoe jammer ek is oor julle groot verlies.
Mag julle ongekende krag kry om deur hierdie baie rou tyd te gaan.

Liefde,  Elsabe
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Liewe Adele...
« Reply #1 on: September 04, 2013, 07:42:38 PM »
Ook weereens van my kant af se ek liewers niks want woorde is nie genoeg nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Liewe Adele...
« Reply #2 on: September 04, 2013, 09:56:44 PM »
(((((Drukkie)))))))

as donderwolke jou dag bedreig
en antwoordlose vrae
oor jou kop rol en bruis,

wanneer jy monde vol soutwater
uit die bitter lewensbeker sluk
en jou hande
magteloos langs jou sye hang,

wanneer jy nie seer
met toorsalf en 'n soen kan red
of wysheid in 'n oogwink kan optower

kan ek maar net vir jou sê:

die son gaan weer helder ligte
uit glassplinters toor
daar sal weer reën op braakland val
en beeste weer in groen veld
van jou gedagtes wei
'n arend sal weer sy vlerke
oor die kranse van jou berg oopsprei

tot dan weet net
dat vriende daar is
om te luister en te hoor
ons kan niks verander
maar net stil langs jou sit
sodat jy nie alleen
in die nag moet staar

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Liewe Adele...
« Reply #3 on: September 04, 2013, 10:10:41 PM »
hier kom ek aan,   :love7:   voel liefde oral waar ek gaan
met my mandjie vol dankies en 'n bossie blomme vir elkeen

ek wou al vroeg oral kom vertel ... aan almal wat so gereeld omgee
maar is aanhoudend onderbreek deur mense en oproepe
wat ek net soveel waardeer, maar my digvriende is so spesiaal.
 lief julle stukke.
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Liewe Adele...
« Reply #4 on: September 05, 2013, 05:56:54 AM »
Wil net vir jou se vanoggend.... ons is in die gees rondom jou en die familie in hierdie tyd.
 
elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Liewe Adele...
« Reply #5 on: September 05, 2013, 06:45:13 AM »
het ek nie al anderdag gese' nie
my trane is rond en kan onvangbaar wegrol
dankie vriendin, dis stil en leeg vanoggend langs my maar daardie ongekende krag is voelbaar om my hart en hande.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Liewe Adele...
« Reply #6 on: September 05, 2013, 07:11:03 AM »
My hart is stukkend vir jou Adéle.  Ons is vreeslik jammer om die nuus te hoor. 
Ek het nog Dinsdag met Eben gepraat oor die adres vir die boek se aflewering by die huis. 
Sterkte liewe Sustertjie.  'n Troosbersie om jou snoesig te hou.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Liewe Adele...
« Reply #7 on: September 05, 2013, 07:23:37 AM »
Ek is verskriklik jammer.  :love7:  :love7:  :love7:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Liewe Adele...
« Reply #8 on: September 06, 2013, 06:52:29 AM »
Matertjie ek wil ook stil kom sit hier by jou voete. Was weg gewees toe het 'n FB vriendinnetjie my laat weet. Ek skaars woorde. My oge swem en my hart stukkend saam met jou.  :love7:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Liewe Adele...
« Reply #9 on: September 06, 2013, 08:54:42 PM »
julle liefste woordmaats wat al so lang pad saam met my kom ... my nuwe verhouding en geluk meegemaak het ... ons troue gevolg het ... en laastens die maande wat hy siek geword het my arms begin vashou het ...
dankie dankie dankie ... ekke is maar stukkend, sukkel een uur om wanneer mense hier aankom en met hulle hartseer my trane weer oopdraai, maar die volgende uur gaan dit weer beter as ek in stilte my tyd hier verwyl ... woorde neerstip om te probeer vorm tot 'n skrywe ... wie kan my sê hoeveel trane het mens? wanneer raak die vaatjie leeg sodat dit kan ophou rol? die vel onder my oë en oor my wangbene is al so seer ...

xxx ek is lief vir julle

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Liewe Adele...
« Reply #10 on: September 07, 2013, 07:49:49 AM »
Liefste Annie,
ek wens ek kon vir jou sê hoeveel trane het 'n mens.  My mening is dat ons trane gekry het om ons siele skoon te was van pyn en hartseer en dit sal rol tot jy berusting gevind het.  Dan kom daar tye van verlange en die groot gemis, dan rol dit weer.  Laat die trane rol my lief vriendin.  Dit sal die storm binne jou tot bedaring bring.  Intussen hou ons jou knus vas in ons gedagtes en vra dat jy asseblief jou hartseer met ons sal deel.  Daar is niks wat ons kan doen behalwe om hier te wees vir jou nie. 
Ek bied vir jou my bloes se punt sustertjie.  (Net om 'n skewe laggie in jou hart te plaas.)  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Liewe Adele...
« Reply #11 on: September 07, 2013, 03:00:58 PM »
ek byt dit vas, dankie lief vriendin   :love7: 

 :grommit: 
adéle  :grommit: