Author Topic: Familie se koffiekroegie maak sy deure oop.  (Read 5164 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Familie se koffiekroegie maak sy deure oop.
« on: October 23, 2012, 01:13:34 AM »
*ek het PM belowe ek sal kom wys.

Goeie more, iemand lus vir 'n boeretrosie? Kom binne, kies 'n hoekie en maak jouself tuis. Die grot se deure is oopgegooi daar onder en die koffie reuk hang uitlokkend. En as jy eerder lus voel vir tee, uit ouma se 'pretties' soos die professortjie dit noem - ek skink. In die een hoek is daar ook 'n kooi vir die ou wat gedaan voel maar nie wil uitmis op die gesellige kuier en klets nie  :love7: Ons moet nou net verf en gordyne drapeer oor die blindings. So die projek is nog nie voltooi nie maar verskaf alreeds groot vreugde en plesier!



« Last Edit: October 23, 2012, 01:18:13 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Familie se koffiekroegie maak sy deure oop.
« Reply #1 on: October 23, 2012, 07:52:22 AM »
Oeeee dis pragtig Raaitjie.  Kan ek asseblief my koffie in een van daai "fancy" glasiebekertjies kry?
Ek "ruik" die lieflike koffie-aroma en "voel" die rustige atmosfeer.  Bevind myself hier binne in die Lockgrot Koffiekroeg.  Wat 'n voorreg.  Baie dankie matertjie. 
Ek sien hier is darem 'n paar glasies vir die rooiwynvlieg ook.  Vir 'n "sundownertjie", of het jy die rooiwynglase agter die toonbank weggesteek?   :icon_biggrin:

 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Familie se koffiekroegie maak sy deure oop.
« Reply #2 on: October 23, 2012, 07:55:24 AM »
Dit lyk so lekker gesellig en baie baie mooi!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Familie se koffiekroegie maak sy deure oop.
« Reply #3 on: October 23, 2012, 09:38:17 AM »
Altevol dankbaar julle geniet ook die kuierplek! Hehehehe, suster jy vra van die rooiwynglase, Outop gaan vir my wynrakkie 'installeer' sodra ons op enetjie afkom wat soebat om te kom pryk op die toonbank. Ons wil mure sommer so rofweg verf met warm kleur. So twee skakerings waar mens nog die kwasstrepe kan sien en dan moet die 'gedyne' se hangplekke aangesit word. Wil sommer so deurryg en laat vou soos dit wil agter die kroeg.  :love7: Wag net vir naweek wat daar hanne is. Die grot se dak begin laaaaaag en loop hoooog tot waar dit deel word van die pandokkie se dakhoogte. Ek bietjie hoogtevrees. Nee ek lieg. Ek BAIE bang vir hoogtes en nog so paar ander dinge  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Familie se koffiekroegie maak sy deure oop.
« Reply #4 on: October 23, 2012, 11:56:06 AM »
Dit lyk of die dak daar laag genoeg is om sommer van daardie "vingers" teen die hout vas te sit waar 'n mens die glase aan hul stele inryg. 

Wanneer dit klaar is, mag ons nog sien asseblief. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Familie se koffiekroegie maak sy deure oop.
« Reply #5 on: October 24, 2012, 02:43:05 AM »
So lyk Outop se hoekie  :love7:



Juffrou Gawie se geskenk dui nou baie mooi aan WIE se hoekie is die :)



PM dit is baie oulike idee daardie 'vingers' van jou! Ek het gaan meet, maar ek sal nog stoel of steppie nodig he om by te kom LOL. Dalkies sal Outop vir ons 'n verlengde ene kan aanmekaarslaan sodat dit net handuitsteek hoogte is!
« Last Edit: October 24, 2012, 02:47:18 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Familie se koffiekroegie maak sy deure oop.
« Reply #6 on: October 24, 2012, 04:24:11 AM »
Dit lyk baie wind0 Raaitjie. 
Ek lief die skildery en die lieflike regop-stoele. 
Neem aan dit is die kierie wat Outop se hoekie so spesiaal maak. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Familie se koffiekroegie maak sy deure oop.
« Reply #7 on: October 24, 2012, 02:44:22 PM »
Oeeeee dis mooi!!!  Wens ek kon daar instap en net snuif snuif die koffie ruik. lekkerrrrrr

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Familie se koffiekroegie maak sy deure oop.
« Reply #8 on: October 25, 2012, 12:32:26 AM »
Ai julle my grooootste wens is dat ons dalkies REGTIG EGTIG eendag hier iewers in 'n gekose hoekie kan sit en KUIER KUIER KUIER!!! Vanaand gaan Outop begin om die onooglike stutpale met hout toe te maak dat dit lyk soos houtpilare. En dan is die volgende projek om die plafon met gras toe te maak en natuurlik die verwery. Laaaang termyn projek wat ons gedagtes besig hou en die hande uit die kwade  :icon_biggrin:

Gawes hier is nog twee van jou geskenke wat kreatief deel vorm van die 'kunsgalery-koffiekroegie'.
So kosbaar om die teelepelmelodie te hoor as die wind saggies kom raak aan die blinke bekertjie.



As ek jou dagboekie optel om in te skryf en ek sien 'poems of love',
verlang ekke na myse juffie se kosbliklyne :)



Kyk net watter ereplek het Rooiwyn, Kaggelvuur & Vers gekry!
As ek julle name raaklees weet ekke, my kussing vertel die waarheid:
'Old friends are the best friends'



« Last Edit: October 25, 2012, 03:11:46 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Familie se koffiekroegie maak sy deure oop.
« Reply #9 on: October 25, 2012, 06:02:00 AM »
Gelukkig het ons 'n "hoekie" om saam te klets Raaitjie.  Dit is darem beter as niks en wie weet, dalk eendag. 

Die plekkie is al baie mooi en dit lyk so gesellig.  Wens ook ek kon dit beleef. 


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Familie se koffiekroegie maak sy deure oop.
« Reply #10 on: October 25, 2012, 06:15:23 AM »
Baie dankbaar vir hierdie hoekie van ons PM! Groot kruk vir my  :toothy4: :love7: