Author Topic: Geboorte  (Read 2709 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Geboorte
« on: September 10, 2013, 08:14:48 AM »
My skoonsus het gister geboorte gegee aan 'n pragtige seuntjie van 3.6 kg- Wessel Eugene Moolman.

Ek kan amper nie glo dat my boetie-hulle nou ouers is en my ma 'n ouma nie.

Dankbaar en bly, o.a. ook omdat ons pa, asook sy pa, se name nou voortleef in hierdie nuwe mensie. So bly, maar bietjie tranerig. Mis my pa vandag.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Geboorte
« Reply #1 on: September 11, 2013, 06:13:29 AM »
Kosbaar!!
Alhoewel dit baie opwindend is om nuwe lid'tjies in die familie te verwelkom, is dit die oues wat my hart vol le.  Jy kom al jou hele leeftyd saam met hulle en het al heerlike herinneringe opgebou.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geboorte
« Reply #2 on: September 11, 2013, 08:43:57 AM »
Hartlik geluk aan die nuwe Mamma en Pappa, Ouma en ooms en tantes!  Jy is nou 'n "Tante".   :icon_biggrin:  Dit is ook verblydend om te sien dat daar nog tradisie is.  Deesdae se jongmense gee sulke woeste name.   :dontknow:

Ek dink nou aan jou ma Fransi.  Sy is seker nog anderkant die waters? 

Ons kleinseun, Wihan, het ook gister verjaar.  12 Jaar oud.   :bootyshake:



Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Geboorte
« Reply #3 on: September 11, 2013, 02:12:36 PM »
Baie dankie Angelica en PM.

Geluk met jou kleinseun se verjaarsdag, PM.

Ja, hierdie keer is sy nou na Egipte toe. Sy sê dit is nie so modern soos in Doha nie, maar die skool is enorm. Dit klink asof sy darem al effens aangepas het en minder verdwaal. Die woonstelgeboue lyk blykbaar  almal dieselfde. Die busse is baie goedkoop, maar die winkels is maar vuil. In Doha het die "expat" onderwysers in dieselfde gebou gebly. Waar sy nou is, is sy die enigste een van haar skool in die woonstelblok- so dit is bietjie van 'n aanpassing. Sy sê haar Arabies en die mense wat daar bly se Engels is te skraps om mekaar werklik te verstaan. Oktober gaan sy vir 'n naweek of 'n week (ek is nie seker hoe lank nie) terugkom en dan gaan ons by my boetie-hulle gaan kuier en die nuweling ontmoet. :-)

Ja, ek en my sussie het mekaar gebel met "Hallo, Tannie."  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geboorte
« Reply #4 on: September 11, 2013, 04:44:49 PM »
Mooi man!  Tannie Fransi.  :icon_biggrin:

Ek haal my hoed vir jou ma af.  Sy is baie braaf, ek weet nie of ek sal kans sien daarvoor nie.  Sterkte vir haar.
Dit is darem nie meer so lank nie.  Die tyd glip so vinnig verby. 
Om te weet is om te verstaan.