Author Topic: Stilte  (Read 10021 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stilte
« Reply #15 on: May 04, 2012, 03:46:41 PM »
8-ta het ook net 'n modem soos joune Adéle, maar ek weet te min van die goed af om saam te praat.  Ek onthou laas toe ek daar by jou was wou my modem nie saamwerk nie en het joune gebruik.  My seun het net 'n verstelling gedoen toe ons tuis kom, toe werk dit weer. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Stilte
« Reply #16 on: May 06, 2012, 12:20:55 PM »
Adele,  ek gebruik Neotel.  Vind uit by hulle of hulle al 'n sein voorsien in jou omgewing.
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Stilte
« Reply #17 on: May 09, 2012, 08:05:04 PM »
PM 8-ta werk met 'n dongel en nie 'n modem nie ... dis jammer dat hulle nog nie in jou omgewing beskikbaar is nei

Naas - Neotal is nie baie stable nie ... en in areas soos die Wildtuin dink ek gaan ontvangs maar min tot zero wees

Vir julle wat in die stedelike gebiede met landlines is ... is WebAfrica 'n baie goeie opsie ... praat met Andre ... hy is geduring op hoogte van die beste deals  :toothy4: omdat sy werk afhangliks is van die beste ontvangs/spoed en hoe goedkoper hoe beter vir TruSoft :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stilte
« Reply #18 on: May 10, 2012, 07:16:03 AM »
Oeps, nou moet jy verduidelik wat die verskil is, ek het gedag dit is een en dieselfde stokkie wat jy in die kleufie druk.  :icon_scratch: (gleufie - USB)

Ek het 8-ta en is heel gelukkig daarmee. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Stilte
« Reply #19 on: May 11, 2012, 08:18:51 PM »
ek sal vir JanDink alias Andre vra om hier mooi te kom verduidelik ... die een is klein en die ander een groot ha ha ha .. wag ek gaan haal vir JanDink  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Jan Dink

  • Administrator
  • Suigeling
  • Posts: 11
    • TruSoft Software
Re: Stilte
« Reply #20 on: May 11, 2012, 08:57:56 PM »
Wel, eintlik gebruik ons lank nie meer modems nie.  'n Modem is eintlik 'n "modulator and demodulator" wat beteken dat dit moduleer 'n digitale sien op 'n analoog sein en aan die ander kant demoduleer dit weer die sein van die analoog na digitaal.  Die gewone telefoon lyne wat ons al die jare in ons huise het is analoog en 'n rekenaar gebruik digitaal.  Dus vertaal die modem die rekenaar se blleps na die telefoon se suis en andresom.
Deesdae het ons ADSL, WiFi, 3G wireless, 4G wireless, WiMax, Fibre Optic en allerhande dinge.  Dit is alles digitaal, dus het ons nie meer nodig om te modulate en demodulate tussen digitaal en analoog nie.
Die kontapsie wat ons aan die ADSL lyn koppel is eintlik 'n router of CPE (Client Premises Equipment), maar meeste mense werwys nog na dit as 'n modem, want dit lyk net soos 'n modem en doen baie dieselde werk (koppel jou rekenaar aan 'n ander netwerk).skoot

Die 3G 'stokkie' wat by die USB inprop is ook maar net 'n ander tipe CPE wat in 'n ander verpakking kom sodat jy dit lekker in jou skootrekenaar kan inprop en gebruik terwyl jy rondbeweeg.  Mens kry ook ADSL 'modems' wat jy by die USB inprop, maar die beweging is bietjie beperk, weens die kabel wat by die ding ingeprop is.  Net so kry men sook 'n 3G 'modem' wat in 'n klien kassie ingebou is en dit koppel aan een of meer rekenaars met 'n netwek kabel, net soos die gewone ADSL 'modem'.

Selfde met WiFi (Neotel en I-Burst) en die ander.  mens kry dit in verskillende verpakkings (stokkie en boxie).

Dus is die eintlike verskil die transport medium en netwerk wat gebruik word.  8-ta, Vodacom, CellC en MTN het die 3G radio netwerke en hulle CPE's is gewoonlik 'n USB stokkie, want die 3G netwerk laat jou toe om rond te beweeg tussen die radio torings, dus maak dit sin om 'n CPE te he waarmee jy kan rondry.

NeoTel en I-Burst gebruik gewone digitale radio (WiFi) wat nie die voordeel het dat mens kan donbeweek tussen torings nie.  Jy kan wel rondbeweeg in die dekkings area van een toring.  (Let wel dat Neotel en I-Burst ook 3G pakette aanbied sover ek weet.  Nie seker of hulle net Vodacom/MTN, etc se diens herverkoop nie).

Dus, as mens wil kies watter een om te gebruik, moet mens gaan kyk na wat is beskikbaar in jou area en wat is jou behoeftes.

In die platteland mag ADSL dalk die beste wees, aangesien dit die mees wyd verspreide tegnologie is, en daarna is dit 3G.  Mens moet maar uitvind watter verskaffers dien jou area en of jy nodig het om rond te ry met dit of nie.  Baie mense het so 'n mengelmoes van 3G pakette in die areas waar die dekking swak is.  Jy kan ook vir jou 'n versterkte antenna vir 3G kry is die dekking swak is.

Maar dit kom maar alles neer op watter dienste word die beste ondersteun in jou area.  Ongelukkig het die platteland minder keuses as die stadsjapies.

Ek het van een tegnologie vergeet : satelliet.  Dit is gewoonlik oral beskikbaar, maar kan duur wees en het natuurlik 'n groot "latency"  nie goed vir speletjies speel of audio/video kommunikasie nie.

Ek hoop ek het nou nie mense meer deurmekaar gamaak nie.  :-)    :book1:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Stilte
« Reply #21 on: May 12, 2012, 03:22:04 AM »
Nou voel ek pure *pedigree oumens met 'n string degrees agter my naam: ADSL, WiFi, 3G wireless, 4G wireless, WiMax, Fibre Optic - you name it - ek sleep hulle saam  :notworthy: Dankie Jan Dink!!

*Willa toe ek daardie uitdrukking van jou raaklees het ek gegiggel en gegiggel tot ek amper aan't hakkel gaan!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stilte
« Reply #22 on: May 12, 2012, 11:06:17 AM »
Dankie Jan Dink  :read: nou verstaan ek beter.  'n USB-stokkie is 'n dongel.  Reg so Willa?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Stilte
« Reply #23 on: May 12, 2012, 07:57:40 PM »
PM jy het ook nou jou degree - doodreg

Raaitjie so word ons saam slim op alle gebiede  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Stilte
« Reply #24 on: May 12, 2012, 08:50:31 PM »
ek kry nou vlg week weer nuwe vodacomstokkie, met kontrak van 3Gig vir R199.
het al die ander gebel en almal is maar so duur of duurder, ook 8-ta want hulle werk deur MTM se torings oppi platteland soos by ons. ek besef dat ADSL die beste KAN wees, maar waar ek in een vd reservaat se huise bly, het ek net 'n sylyn vd kantoor af na my huis toe. ek gaan ook nie eers probeer om my eie telkomlyn aan te vra nie, [of miskien moet ek net uitvind wat dit sou kos] want sonder daardie lyne en kabels, wat gesteel word, sal dit ook nie werk nie.

by Eben is die kabels meer as 2 maande gelede in die dorp, naby sy huis, afgesny en gesteel en hy is nou nog sonder telkomfoon en die internet wat daarmee moet saamgaan. hy oorweeg nou om telkom totaal te kanselleer, maar vodacom werk maar duur uit, ook in die dorp.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Stilte
« Reply #25 on: May 12, 2012, 09:05:22 PM »
Die selfsugte wurms! (sorry wurms nie bedoel om julle so te beledig nie)

Ja die diefstal help nie juis om ons land en kommunikasie te bou nie ...

Die 3Gig vir R199 is maar aan die duur kant, maar vir die opsies wat jy het, is dit dan nie 'n slegte aanbieding nie.

Mens kan seker nie die brood aan albei kante gebotter he nie ... natuur of technology ... ek kies die natuur beslis ... ons hoop juis om na die plateland te kan trek of plaas toe - nog beter!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Stilte
« Reply #26 on: May 13, 2012, 09:32:07 AM »
vir die voorreg om te platteland, moet ek seker iets prysgee....    :toothy4:   

 :grommit:   

mmmm, ja, het ook so gedink en nou aanvaar ek dit. as ek aanhou kla het ek dalk later niks   :toothy4:   
adéle  :grommit:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Stilte
« Reply #27 on: May 13, 2012, 11:21:33 AM »
ons se telkom kabels is op 9 desember gesteel ( 6 de keer in 16 maande ) en gaan nie weer gespan word nie. nou gebruik ons wireless internet met voip foon daarby. ek het maandag my telkom nommer laat oordra na die internet foon en gaan dan vir telkom laat afsny. 

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Stilte
« Reply #28 on: May 13, 2012, 11:52:45 AM »
hoe werk dit en wat kos dit min of meer, AB? want die kabels gaan hier ook nie weer vervang word as dit weer gesteel word nie.   :crybaby2: 
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Stilte
« Reply #29 on: May 13, 2012, 12:16:01 PM »
Ag nee AB. Kan jy nie vuurmaak onder Telkom om weer daai kabels te span nie. Waar gaan ek nou koper kry om te verkoop as hulle ophou om kabels te vervang. Hulle moet mos darem aan ons kleinhandelaars ook dink.
 :pottytrain5: Verdomp. Die groot SA maatskappye dink ook net aan hulself en vergeet ons klein outjies moet ook eet.  :pottytrain5:
Ek is maar net een, maar ek ís een.