Voorstelle en klagtes > Die Inligtingkantoor

Autobiografie

(1/2) > >>

Mel:
Wat is die wetlike vereistes wanneer jy jou autobiografie skryf oor naastes wat heel moontlik genoem sal word? Wat presies is die proses daaromtrent?

PM:
Ek het 'n rukkie gelede hierdie studie gelees en dit was vir my baie interessant.  Dalk wil jy dit ook lees. 

http://scholar.sun.ac.za/bitstream/handle/10019.1/4235/Hauman,%20S.pdf?sequence=1

Ek sal kyk of ek iets kan naslaan.

Stof:
Net gou 'n stowwerige mening:

'n Autobiografie is die lewensverhaal van jou voertuig.

'n Outobiografie is jou eie lewensverhaal.

En 'n biografie, die van 'n ander persoon.

Is 'n grafografie dus die lewensverhaal van 'n afgestorwene?

Of is Stof nou besig om met 'n grafgrafie hier rond te grou?

PM:
Jy is 'n stouter Stof, of is dit wat jy "diplomasie" noem?   :icon_biggrin:

Mel:
Skerp oge Stof  :hello2:

Maak Mel haar naam nou lekker bollie, want sy het nie eens 'n voertuig om oor te skryf nie!!!  :icon_colors:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version